-->-->

Opklarende Tekse van die Hemel:

(Terug na Inhoudsopgawe) 

 

*Gen 1:1 -  In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

*Gen 1: 6 ¶ En God het gesê: Laat daar 'n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.

7  God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.

8  En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.

9 ¶ En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so.

*Gen 1: 14 ¶ En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.

15  Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.

16  God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.

17  En God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde

*Gen 1: 19  En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.

20 ¶ En God het gesê: Laat die waters wemel met 'n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.

 

*Mat 22: 32  Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob? God is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes.( koninkryk behoort ook aan lewendes maar lewendes IN Christus)

 

*Ps 68:17-18

17 (68:18) Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.

18  (68:19) U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God!

 

*Jes 33: 16  hy sal op hoogtes woon,

*Jes 66:1 -  So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?

 

*Ex 25:8 - Ook moet hulle vir My 'n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.

*Ex 29:45 -  En Ek sal onder die kinders van Israel woonen vir hulle 'n God wees;

 

*Num 35:34 -  En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel.

 

J*oël 2:1- as die basuinop Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby--

 

*Jer 3:14 -  Keer terug, o afkerige kinders, spreek die HERE,want Ek is heer (== heerser) oor julle; en Ek sal julle neem, een uit 'n stad en twee uit 'n geslag en sal julle in Sion bring.

15  En Ek sal aan julle gee herders na my hart, wat julle sal oppas met kennis en verstand.

*Jes 33:5 -  Die HERE is verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid.

*Jes 24:23 - En diemaan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die HERE van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees.

*Jes 8:18 -  Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het--tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.

*Jes 30:19  -  Want'n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.

 

*Mat 5:10 - Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

*Mat 4: 23 ¶ En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.

*Mat 5:2-3

2  en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:

3 ¶ Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

*Mat 5:8 - Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

*Mat 4:17 -  Van toe af het Jesus begin om te preek en te: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom

*Mat 3:1-3

1  daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa

2  gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele ( bestaan uit hemele) het naby gekom.

 

*Jes 65: 17 ¶ Want kyk,Ek skep nuwe hemele en 'n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.

18  Maar wees julle bly en juig vir ewig oor wat Ek skep; want kyk, Ek skep Jerusalem om te juig, en sy mense om bly te wees.

19  En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie.

 

*Mat 5:14-16

14 Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie;

15  en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.

16  Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik

*Mat 6:33 - Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

*Mat 12: 28  Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom.

*Mat 7: 21 - ¶ Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

*Mat 13: 10  En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?

11  Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.

 

Lees gelykenis van die Saaier hoe die koninkryk is. Mat 13:20-43 en Lyk 8:4-15

 

*Mat 16: 28  Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.

*Mat 21: 43  Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.

43  Therefore say I unto you, the Kingdom of God shall be taken from you and given to a nation bringing forth the fruits thereof.

 

*Mark 10: 15 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

 

*Mat 23: 21  en wie sweer by die tempel, sweer dáárby enby Hom wat daarin woon;

22  en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.

*Mat 24: 3  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

(12  En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.

13  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

14  En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.)

*Mat 23: 13 ¶ Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.

*Mat 3:27  Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

(30  En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

 

*Mark 12:24  Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees.

 

*Mat 26:64 - Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.

 

*Mark 13:24-26

24 ¶ Maar in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie,

25  en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.

26  En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.

*Mark 14:62 - En Jesus sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van die hemel.

 

*Luk 21: 27  En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid.

*Luk 17:20-24

20 ¶ En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom,het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.

 

*Mark 12:34 - Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: Jy is nie ver van die koninkryk van God nie. En niemand het dit meer gewaag om Hom vrae te stel nie.

 

*Luk 21:31-32 - 31  So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.

32  Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie.

*Luk 11:20 - Maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God waarlik by julle gekom.

*Luk 17:21  En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

 

*Joh 3:3-6 - 3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?

5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

 

*Mark 14:58 - Ons het Hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek en in drie dae 'n ander een opbou wat nie met hande gemaak is nie.

 

*1Kor 3:9-23

9  Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.

10  Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos 'n bekwame boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.

11 ¶ Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.

12  En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels--

13  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

14  As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;

15  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

16 ¶ Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

17  As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

18 ¶ Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;

19  want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;

20  en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.

21 ¶ Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;

22  of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge--alles behoort aan julle;

23  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

 

*1Kor 6:19 - Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

 

*Joh 14:2 - In diehuis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan

 

*Luk 23:42-43 - 42 En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.

43  En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.

 

*1Kor 4:20 - want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag.

 

*2Kor 5:1 - Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons 'n gebou het van God, 'n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.

 

*Heb 9:24 - Want Christus het nie ingegaan in 'n heiligdom met hande gemaak, 'n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn;

 

*Luk 18:16-17

16  Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.

17  Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.

 

*Mat 6:20 - 21

20  ¶ Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;

20  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;

21  want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.

*Mat 18:1-3

1 ¶ In daardie uur het die dissipels na Jesus gekom en gesê:Wie is tog die grootste in die koninkryk van die hemele?

2  Toe roep Jesus 'n kindjie na Hom en laat hom in hulle midde staan

3  en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie,sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

4  Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie,hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.

 

*Jes 33:14-16

14  Die sondaars in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by 'n verterende vuur, wie van ons kan woon by 'n ewige gloed?

15  Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is,(wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie--)

16  hy sal op hoogtes woon,

 

*Hand 17:24 - Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.

 

*2Kor 6:16 - Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het:Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.

 

*Ef 1:3 - Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,

*Ef 2;19-22

19  So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,

20  gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,

21  in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here,

22  in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van God in die Gees.

*Ef 3:17 - sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is,

*Ef 5:30 - Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.

 

*Kol 1:13 - Hy watons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,

14  in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.

15  Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;

16  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte--alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.

17  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

18  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

 

*1Tim 3:15 - Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, 'n pilaar en grondslag van die waarheid.

 

*Heb 3:6 - maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.

*Heb 12:18-24

Want julle het nie gekom by 'n tasbare berg nie en 'n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm

19  en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie--

20  want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as 'n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met 'n pyl neergeskiet word.

21  En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder.

22  Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele,

23  by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges,

24  en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel.

*Heb 12:28 - Daarom,omdat ons 'n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.

29  Want onse God is 'n verterende vuur.

 

*1Pet 2:4-5

Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;

en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.

6  Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion 'n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.

*1Pet 4:17 - Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

 

*1Joh 4:13-15

13  Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.

14 ¶ En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.

15  Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is--God bly in hom, en hy in God.

16  En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.

 

*Op 1:9 - Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.

*Op 2:7 - Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

*Op 12:12 - ¶ Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.

*Op 14:1-5

1 ¶ En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.

2  En ek het 'n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van 'n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters.

3  En hulle het 'n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die aarde vrygekoop is.

4  Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.

5  En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie; want hulle is sonder gebrek voor die troon van God.

*Op 21:1-27

En ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

2  En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos 'n bruid wat vir haar man versier is.

3  En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun wees.

9 ¶ En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.

10  En hy het my in die gees weggevoer op 'n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;

22  En 'n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.

22  And I saw no temple therein, for the Lord God Almighty and the Lamb are the temple of it.

(Terug na Bo)