Openbaar / Openbaring
(Terug na Inhoud )
1. God is geopenbaar in vlees. Joh 1:14; 1Tim 3:16; heb 2:14
2. God gee die openbaring van die verborgenhede aan sy diensknegte. Amos 3:7; Mat 16:17; Hand 11:28; 22:17-21; 1Kor 2:10; Gal 1:12,16; 2:2; Ef 1:17; Kol 1:26; O 1:1
3. Aan elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar is dit gegee om die Vader te ken. Mat 11:27; Luk 10:22
4. Christus openbaar Homself aan die wat Hom liefhet. Joh 14:21-23; Op 3:20
5. Die openbaring van die verborgenhede van God. Rom 16:25-26; Ef 1:9; 3:3-5,9; Kol 1;26-27
Ou Testament
*Job 12:22 Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.
*Job 20:27 Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.
*Spreuke 11:13 Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.
*Spreuke 18:2 & Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word.
*Spreuke 20:19 & Wie met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.
*Spreuke 25:9 Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar 'n ander se geheim nie,
*Spreuke 26:26 Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.
*Jesaja 66:15 & Want kyk, die HERE sal kom in vuur, en sy waens soos 'n stormwind, om in hittigheid sy toorn te
openbaar en in vuurvlamme sy dreiging.
*Daniël 2:22 Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.
*Daniël 2:28 Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat
aan die einde van die dae sal gebeur. U droom en die gesigte van u hoof op u bed was dit:
Nuwe testament
*Matteus 11:27 Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook
ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.
*Markus 4:22 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die
lig kom.
*Lukas 2:35 ja, 'n swaard sal deur jou eie siel gaan--sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.
*Lukas 8:17 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie bekend sal word en in die lig sal kom nie.
*Lukas 10:22 Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en
wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.
*Johannes 1:31 En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.
*Johannes 3:21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
*Johannes 9:3 Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom
openbaar word.
*Romeine 1:19 & omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.
*Romeine 2:28 Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;
*Romeine 16:25 & Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus
Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is,
*Handelinge 10:22 En hulle sê: Cornelius, 'n hoofman oor honderd, 'n regverdige en godvresende man, wat 'n goeie naam
het by die hele Joodse nasie, het 'n goddelike openbaring ontvang deur 'n heilige engel, om u te laat haal na sy huis om te
hoor wat u sal sê.
*1 Korintiërs 1:7 sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,
*1 Korintiërs 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
*1 Korintiërs 4:5 Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.
*1 Korintiërs 11:19 Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word.
*1 Korintiërs 12:7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
*1 Korintiërs 14:6 & Maar nou, broeders, as ek na julle kom en in tale spreek, tot watter nut sal ek vir julle wees as ek nie
met julle spreek òf deur 'n openbaring, òf deur kennis, òf deur profesie, òf deur lering nie?
*2 Korintiërs 4:11 Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van
Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.
*Galasiërs 1:12 Want ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of geleer nie, maar deur 'n openbaring van Jesus Christus.
*Galasiërs 1:16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,
*Galasiërs 2:2 Maar ek het opgegaan op grond van 'n openbaring en hulle die evangelie voorgelê wat ek onder die heidene verkondig; en afsonderlik aan die wat in aansien was, dat ek nie miskien tevergeefs sou loop of geloop het nie.
*Galasiërs 5:19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
*Efesiërs 1:17 dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,
*Efesiërs 3:3 dat Hy aan my deur 'n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;
*Efesiërs 5:13 Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.
*1 Petrus 1:7 sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;
*1 Petrus 1:13 & Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.
*1 Petrus 4:13 maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die
openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.
*Openbaring 1:1 & Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,
*Openbaring 3:18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.
*Openbaring 15:4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal
kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.
(Terug na Bo)