(Terug na Inhoud)
1. Om Christus te volg moet elkeen sy eie kruis opneem. Mat 10:38; 16:24; Mark 8:34; Luk 9:23; 14:27
2. Die goddelose kruisig die Seun van God 'n tweede maal. Heb 6:4-6.
3. Die gelowige kruisig die ou mens, liggaam van sonde, begeerlikhede van die vlees, saam met Christus. Rom 6:2,6,8,12-13; Gal 2:20; 5:24; Ef 4:22-24; Kol 2:11
4. Om saam met Christus gekruisig te word, is om in Sy dood gedoop te word. Rom 6:33; Gal 3:27; Kol 2:12
5. Die kruisigig saam met Christus bewerk 'n nuwe lewe na die innerlike. Rom 6:5,8; Gal 3:27; Ef 2:1,15; Kol 2:12-13
Ou Testament
*Job 40:16 (40:11) Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.
Nuwe Testament
*Matteus 10:38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
*Matteus 16:24 & Toe sê Jesus vir sy disipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
*Matteus 27:32 En toe hulle uitgaan, kry hulle 'n man van Ciréne, met die naam van Simon; hom het hulle gedwing om sy kruis te dra.
*Matteus 27:40 en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!
*Matteus 27:42 Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die Koning van Israel is, laat Hom nou van die
kruis afkom, en ons sal in Hom glo.
*Markus 8:34 En toe Hy die skare saam met sy disipels na Hom geroep het, sê Hy vir hulle: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.
*Markus 10:21 En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort--gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.
*Markus 15:21 En hulle het 'n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, die vader van Alexander en Rufus, gedwing om sy kruis te dra.
*Markus 15:30 verlos Uself en kom af van die kruis!
*Markus 15:32 Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo! Ook die wat
saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.
*Lukas 9:23 En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
*Lukas 14:27 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.
*Lukas 23:26 & En toe hulle Hom weglei, neem hulle 'n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, en sit die
kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.
*Johannes 19:17 En Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Gólgota,
*Johannes 19:19 & En Pilatus het ook 'n opskrif geskrywe en dit op die kruis gesit; en daar was geskrywe: JESUS, DIE NASARÉNER, DIE KONING VAN DIE JODE.
*Johannes 19:25 En by die kruis van Jesus het gestaan sy moeder en sy moeder se suster, Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdaléna.
*Johannes 19:31 & En dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding
was--want die dag van daardie sabbat was groot--het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem
moes word.
*1 Korintiërs 1:17 & Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie.
*1 Korintiërs 1:18 Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered
word, is dit die krag van God;
*Galasiërs 5:11 Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig!
*Galasiërs 6:12 Almal wat 'n mooi vertoning in die vlees wil maak, dié dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie.
*Galasiërs 6:14 Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus,
deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.
*Efesiërs 2:16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.
*Filippense 2:8 en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
*Filippense 3:18 Want baie--van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê--wandel as vyande van die
kruis van Christus.
*Kolossense 1:20 en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis--ek sê deur Hom--die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
*Kolossense 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit
aan die kruis vas te nael,
*Hebreërs 6:6 en afvallig geword het--om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
*Hebreërs 12:2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom
voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.