Hoofstuk 4
Geestelike Dinge:
(Terug na Inhoud)
Ons het nou al baie oor die geestelike dinge gepraat en het ook al 'n paar van hierdie geestelike dinge gesien en bespreek, maar ek wil nou 'n bietjie meer duidelikheid daaroor gee:
1. Ons moet die Gees van God hê, m.a.w die Gees van God moet in ons
wees want die wat die Gees van God nie het, bedink nie die geestelike dinge
nie, rn.a.w.
Ons lees ook lKor. 2:14 "Maar die
natuurlike mens neem die dinge van die Gees nie aan nie; want dit is vir hom
dwaasheid, en hy
As ons nou na Gal. 5:19 en 22 gaan, dan sal ons sien wat die werke van die vlees
openbaar en wat die vrug van die Gees is. Ons
2. Die wat die Gees van God het, vergelyk
geestelike dinge met geestelike dinge. lKor. 2:13-14 "Daarvan spreek ons
ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met die wat die
Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Maar die
natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is
vir hom dwaasheid, en hy
Ons moet sommer ook na 2Kor. 4:16-18, blaai, dan sal ons in vers 18 lees;
"omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want
die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig".
3. In Hoofstuk 3 par. 3 het ons oor die verborgenhede gepraat waarvan in
Luk. 8:10 geskrywe is. Nou gaan ons hierdie verborgenhede verder bespreek.
Die geestelike dinge, is die verborgenhede van die evangelie:
Paulus sê in Efes. 6:19 dat die verborgenhede van die evangelie bekend
gemaak word.
En verder in Kol. 1:26-27 "naamlik die verborgenheid wat van die eeue en
geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan Sy heiliges. Aan wie God
wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid
onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die
heerlikheid"
Ek verwys ook na Kol. 4:3-4.
Ons
Lees ook Efes. 1:9; 3:3-5 en 9.
4. Ons
Ons
Lees ook Mark. 4:11; Luk. 8:10; 10:21.
In Luk. 24:45 "Toe open Hy hulle verstand om
die skrifte te verstaan". D.w.s. die skrifte was verborge maar dit is
geopen sodat dit verstaan
5. Diegene wat die dinge van die Gees op die
natuurlike wyse verstaan, gaan daardeur te gronde, m a w die mense wat die
geestelike dinge op 'n natuurlike wyse probeer verstaan sal dit nooit verstaan
nie en sal altyd in onkunde en duisternis lewe.
2Kor. 3:14-18 "Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly die
lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit
opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.
Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar 'n
bedekking oor hulle hart; maar wanneer hulle tot die Here bekeer is,
word die bedekking weggeneem. Die Here is die Gees, en waar
die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte
gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word
ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot
heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is".
Uit hierdie gedeelte kan ons duidelik sien dat wanneer ons, ons tot die Here
bekeer (die wedergeboorte ondergaan) en onsself met Christus beklee
ons die ou mens en sy begeertes afgesterf het) daardie
bedekking (die duisternis, die onverstaanbaarheid) weggeneem word. Want dan het
ons 'n geestelike mens geword en ons
Ons
Judas vers 10 sê vir ons dat die mense wat nog hierdie bedekking oor
hulle het, hulle wat hulle nie tot God bekeer nie, dat hulle alles belaster wat
hulle nie ken nie; en alles wat hulle soos die redelose diere op natuurlike
wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.
Ons
6. Terwyl ons nou besig is met die geestelike
dinge, wil ek ook die volgende noem; Deurdat ons nou sien of verstaan dat die
verandering wat ons moet ondergaan, 'n geestelike verandering is, terwyl ons
vandag nog tyd daarvoor het, want na ons die natuurlike dood sterf en begrawe
is, dan mag dit dalk te laat wees want waar (soos) die boom val so sal dit bly
lê, verwys Pred 11:3. Daarom lees ons dat diegene wat nog die natuurlike opstanding
van ons liggaam verwag, nog die natuurlike met die geestelike vergelyk. Ek
verwys na Joh. 3:3-7; 1Kor. 15:50 "Maar dit verklaar ek, broeders, dat
vlees en bloed die koninkryk van God nie
7. 'n Paar voorbeelde van geestelike dinge is;
7.1 Geestelike woorde; Joh. 6:63 "Dit is die Gees wat
lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek
tot julle spreek, is gees en is lewe".
7.2 Geestelike spyse; Joh. 6:27, 33, 35 en 51 "Moenie
werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige
lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader,
verseël".
Vers 33 "En Jesus sê vir hulle; Voorwaar, voorwaar Ek sê vir
julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie,
maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel. Want die brood
van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe
gee". Soos ons reeds gesê het, die wêreld is daardie wat nog
in die duisternis lewe, of die wat nog nie die geestelike dinge verstaan nie,
ook daardie wat nog nie tot God gekeer is het nie.
Vers 35 "En Jesus sê vir hulle; Ek is die brood van die lewe; wie na
My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in my glo, Sal nooit dors kry
nie"
Dit beteken wie deel het aan Sy liggaam - die gemeente, of soos die engelse
vertaling sê; die kerk - daardie mense sal nooit nodig hê om iets
te probeer om te verstaan, aangaande die geestelike dinge of nooit nodig het om
dit te soek nie, want dit sal altyd vir hom of haar verkrygbaar wees omdat hy
of sy deel aan die liggaam van Christus het. Hy of sy sal nooit dors kry na die
evangelie- die lewende water - die geestelike
water, nie want dit sal altyd verkrygbaar wees deurdat hy of sy altyd in die
breking van die brood bly.
Vers 51 "Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As
iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek
sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee".
lKor. 10:3 "en almal dieselfde geestelike spys geëet het".
Lees ook Heb. 5:13-14.
7.3 Geestelike drank en Geestelike water: Ons het reeds in
par. 3 daarvan gemeld. Ons lees nou in Jerem. 2:13 'Want my volk het twee
verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het
hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke
wat geen water hou nie".
Lees ook Sag. 14:8.
Jesus sê vir die vrou by die put, "As jy die gawe van God
(Naamlik, Christus) geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee
vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende
water gegee het". So lees ons in Joh. 4:10. Lees ook verse 13-14.
Ons
7.4 Die saad van Abraham: Gal. 3:16. Ons lees ook in Luk. 8:11
dat die saad die woord van God is.
7.5 Al die gelykenisse: Matt. 13:13, 15 en 51 (die
saaier) Mark. 4; Luk. 8 10.
7.6 Die wet: Rom 7:14 "Want ons weet dat die wet
geestelik is, maar ek is vleeslik verkoop onder die sonde".
7.7 Geestelike geboorte: Job. 3:3-7; lJoh. 3:9; 4:7 lees soos
volg; "Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit
God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God".
Lees ook lJoh 5:1 en 4 "Want alles wat uit God gebore is, oorwin die
wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik
ons geloof". Soos ons reeds gesien het, hierdie wêreld is al die
sondige dinge - sondige vleeslike begeertes, die duisternis, die
onverstaanbaarheid - wat ons moet oorwin en vernietig.
7.8 Geestelike genadegawe: Rom. 1:11.
7.9 Geestelike gawes: lKor. 12:1; 14:1 en 12 "Jaag die
liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om
te profeteer", en vers 12 "So moet julle streef na geestelike gawes,
probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente".
7.10 Die koninkryk: Mat. 13:52 en veral Luk. 17:20; Baie mense
is geneig om hierdie teks verkeerd te verstaan en te vertolk want die koninkryk
van God is iets wat geestelik is, en nou word daar verwag dat 'n geestelike
gebeurtenis op 'n natuurlike wyse moet plaasvind, maar dit is nie moontlik nie.
Dit is hier waar ons die vleeslike mens kry, die mens wat die geestelike nog
nie verstaan nie. Die vleeslike mens wil nog die geestelike met die natuurlike
vergelyk maar die skrifte waarsku ons juis daarteen, en sê dat ons
Ek haal 'n gedeelte uit Luk. 17:20 en 21 "Die koninkryk van God kom nie
met sigbare tekens nie". Hierdie tekens sowel as die wolk, is geestelike
tekens, die tekens wat die koms van Christus in Sy koninkryk
voorafgaan waarvan in die skrifte geskrywe is. In vers 21 lees ons "En
hulle sal nie sê; Kyk hier! of Kyk daar nie want die koninkryk van God is
binne-in julle".
7.11 Die hemel: Joh. 3:13; Efes, 1:3; 2:5-6; Filip. 3:20. Die
hemel is nie so vêr as wat sommige dink nie. In die paragraaf hierbo het
ons dan gesien dat die koninkryk dan binne-in ons is. Ons lees ook in 'n ander
gedeelte van die skrifte dat God het 'n woning in ons gemaak en dit is moontlik
want God is Gees, die koninkryk is geestelik en ons het nou 'n geestelike mens
geword, deurdat ons nou verander het, ons is wedergeborenes.
Lees ook in Heb. 12:22-24.
7.12 Geestelike woning van God: Mark. 14:58 "Ons het Hom
hoor sê, Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek en in
drie dae 'n ander een opbou wat nie met hande gemaak is nie".
In lKor. 3:9 lees ons "Want ons is mede werkers van God die akker van
God, die gebou van God is julle".
Ons lees verder in verse 16-17 "Weet julle nie dat julle 'n tempel van God
is en die Gees van God in julle woon nie?”Vers 17 "As iemand die
tempel van God skend; sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en
dit is julle".
Ons lees in Efes. 2:20-22 "gebou op die fondament van die apostels en
profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou
goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here, in wie julle ook tot
'n woning van God in die Gees".
Ons lees verder in 1Tim. 3:15 dat ons die huis van God is en Christus die Seun,
is oor die huis.
1Pet. 2:5 "en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike
priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God
welgevallig is deur Jesus Christus".
7.13 Geestelike seëninge: Efes1:3 en ook Deut 28.
7.14 Geestelike bruid: 2Kor. 11:2 wat lees "Want ek is
jaloers oor julle met 'n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man
verbind, om julle as n reine maagd aan Christus voor te stel'.
Sien ook Efes. 5:27.
In Open. 19:7-8
Ons
7.15 Geestelike Jerusalem: Gal. 4:26 en ook Heb. 12:22
"Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van
die lewende God, die hemelse Jerusalem en tienduisende engele". Die nuwe
7.16 Geestelike Sodom en Egipte: Verwys na Jes. 1:10; 13:19 en
veral in Open. 11:8.
7.18 Geestelike rots: "en almal dieselfde geestelike
drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg
het, en die rots was Christus".
Lees ook 1Pet. 2:7.
7.19 Geestelike berg - Sion: Ps. 125:1; 129:5; Sag. 8:3
"So sê die Here; Ek keer terug na Sion en sal midde in
Heb. 12:18-22 "Want julle het nie gekom by 'n tasbare nie en 'n brandende
vuur en donkerheid en duisternis en storm en basuingeklank en die geluid van
woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg
word nie - want hulle kon die gebod nie verdra nie: self as 'n dier die berg
aanraak, moet dit gestenig word of met 'n pyl neergeskiet word. En Moses, so
vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder. Maar julle
het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse
Lees ook Open. 14:1.
7.20 Geestelike brood: Lees Joh. 6:26-27 en ook verse 31-35
"Ons vaders het manna uit die hemel aan hulle gegee om te eet. En Jesus
sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses
wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle
die ware brood uit die hemel. Want die brood van God is Hy wat uit die hemel
neerdaal en aan die wêreld die lewe gee. Toe sê hulle vir Hom:
Here, gee ons altyd hierdie brood. En Jesus sê vir hulle: Ek is
die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie;
en wie in My glo, sal nooit dors kry me".
Die volgende verse
7.21 Geestelike mens: Verwys
In lKor. 2:15 "Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge;
......"
lKor. 3:1 en 14:37 "As iemand meen dat hy 'n profeet of 'n geestelike mens
is, moet hy erken dat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is".
lKor. 15:48-49, "Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en
soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. En soos ons die beeld
van die aardse gedra het so sal ons ook die beeld van die hemelse dra".
2Kor. 4:16 "Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan die uiterlike
mens ook, nogtans word die innerlike mens dag na dag vernuwe".
Gal. 6:1 "Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval
word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van
sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy nie ook versoek word nie".
Lees ook Efes. 3:16.
7.22 Geestelike liggaam: lKor. 15:44 en 46 " 'n
Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n
natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam". Vers 46 "Die
geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die
geestelike".
7.23 Geestelike saad: Verwys na die verklaring van die gelykenis
van die onkruid in Matt 13:38 "en die saailand is die wêreld Die
goeie saad - dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die
kinders van die Bose".
In Luk. 8:11 "Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van
God"
7.24 Geestelike dood: Hieruit wil ek die opstanding tentoon
stel, want die opstanding waarvan die skrifte ons vertel is
nie 'n opstanding van ons natuurlike liggaam nie, m.a.w. die opstanding wat
sommige nog verwag om plaas te vind nadat ons natuurlike liggame begrawe is en
tot stof terug gekeer het.
Die opstanding waarvan die skrifte meld, is die verandering wat in elkeen moet
plaasvind gedurende die wedergeboorte (bekering) en wanneer ons 'n geestelike
mens word. Volgens die skrifte is ons dood van wee die sonde, voor bekering en
die wedergeboorte, m.a.w. ons word eers die wederopstanding deelagtig wanneer
ons wedergebore word en wanneer ons ons tot God bekeer, d.w.s. wanneer die
verandering in ons plaasvind soos die skrifte stel dat ons sal verander word.
Dit is ook wanneer ons die ou mens afsterwe en ons ons met die nuwe mens beklee
- Christus -, na die Beeld van God.
Ek verwys na die volgende tekse wat van hierdie geestelike dood praat. Luk.
9:60; Matt. 8:22;
Gaan ook na Hoofstuk 5 wat handel oor die Geestelike
Dood.
7.25 Geestelike tempel: Ons het ook reeds van die tempel
melding gemaak maar ons
lKor. 3:16 "Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die heilige
gees van God in julle woon nie?
Ons lees ook 2Kor. 6:16 "Of watter ooreenkoms het die tempel van God met
die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek
het; Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees en
hulle sal vir My 'n volk wees"
In Efes. 2:21
7.26 Geestelike opstanding: Verwys terug na par. 7.23 waar ons
onder die opskrif "Geestelike dood" alreeds daaroor
melding gemaak het. Ek wil egter nog 'n paar tekse aanhaal. Rom. 6:5; Open.
20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle
het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van
Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank".
7.27 Geestelike Jood: Rom. 2:28-29.
7.28 Geestelike besnydenis: Rom. 2:28-29; Fillip. 3:3;
Kol.2:11.
7.29 Geestelike swaard: Efes. 6:17 sê vir ons dat die
woord van God, die swaard is van die Gees. Ons lees ook in
Heb. 4:12 "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige
tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van
gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die
hart.
Ek verwys ook na die volgende tekse; Open. 2:12 en 16; Vers 16 lees soos volg -
"Bekeer jou anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met
die swaard van my mond".
Open. 1:16 "En in Sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en 'n skerp
tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son
wat skyn in sy krag".
7.30 Geestelike voorregte: Rom. 15:27.
7.31 Geestelike tabernakel: Heb. 8:2; 9:1 en 24 verwys na die
tabernakel wat nie met hande gemaak is nie. Ons lees in Open. 21:3 "En ek
het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is
by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal Sy yolk wees: en God self
sal by hulle wees as hulle God.