Hoofstuk 27

Geloof:

( Gaan terug na Inhoud )

Wat is geloof?

Heb11:1 " Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie." kom ons lees ook Rom 10:8-17 "vers 8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: vers 9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; vers 10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Vers 11 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. Vers 12 ¶ Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Vers 13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Vers 14 Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? Vers 15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! Vers 16 Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo? Vers 17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God."

Die geloof ontstaan deur die woorde wat tot my gespreek word en dit het dan 'n vertroue ontwikkel, want dit is my verstaanbaarheid.

1Kor 12:9 " aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;" hieruit kan ons sien dat geloof 'n gawe van God is en wat slegs deur die Gees van God ontvang kan word. Ons het gesien dat die Heilige Gees ontvang word deur die Woord, so ook die geloof, deur die Woord wat die Gees is.

Hand 20:21 " terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus." en Hand 26:18 " om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang."

Hier kan ons sien wat die noodsaaklikheid van die bekering tot geloof is want die bekering tot die geloof is ook die bekering tot God. Dit is om van die duisternis (onverstaanbaarheid) na die lig (verstaanbaarheid) te kom en ook om van die mag van Satan tot God.

So ontvang ons dan ook die beloftes wat ons deur die bekering tot God en die geloof wat die vergifnis van sonde en 'n erfdeel onder die geheiligdes, is.

Daar is egter 'n ander bykomende saak en dit maak die saak, die eintlike geloof.

Jak 2:14-26 " vers 14 Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? Vers 17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood. Vers 18 Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. Vers 24 Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie? Vers 26 Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood." Hierdie is baie belangrik want baie glo dat ons net deur die geloof alleen geregverdig sal word en die ewige lewe sal verkry maar ons kan sien dat my geloof in my werke is en nie in my oortuiginge is nie. Dus, geloof is dus werke.

Joh 6:28-29 "vers 8 ¶ Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring? Vers 29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het." Die vraag is nou, wie het God vir ons gestuur? Kom ons kyk na Deut 18:18 -19 "vers 18 'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. Vers 19 En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis."

Mat 21"21-22 "vers Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see--sal dit gebeur. Vers 22 En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo." Deur hierdie werke, daad, word gebede verhoor en deur hierdie dade, werke, ontvang ons die belofte.

Mark 9:14-29 "vers 14 ¶ En toe Hy by die dissipels kom, sien Hy 'n groot menigte om hulle, en skrifgeleerdes wat met hulle redetwis. Vers 15 En dadelik toe die hele skare Hom sien, was hulle baie verbaas en het na Hom gehardloop en Hom gegroet. Vers 16 Daarop vra Hy die skrifgeleerdes: Waarom redetwis julle met hulle? Vers 17 En een uit die skare antwoord en sê: Meester, ek het my seun wat 'n stomme gees het, na U gebring; vers 18 en waar hy hom ook aangryp, skeur hy hom; en hy kry skuim in die mond, en hy kners met sy tande en word styf; en ek het u dissipels gevra om hom uit te dryf, en hulle kon nie. Vers 19 Toe antwoord Hy hom en sê: o Ongelowige geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom na My toe. Vers 20 En hulle bring hom na Hom toe; en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, en hy val op die grond neer en rol rond met skuim in die mond. Vers 21 Daarop vra Hy sy vader: Hoe lank is dit al dat dit hom oorgekom het? En hy sê: Van sy kindsdae af; vers 22 en dikwels het hy hom selfs in die vuur en in die water gegooi om hom dood te maak. Maar as U iets kan doen, ontferm U oor ons en help ons. Vers 23 En Jesus sê vir hom: Wat dit betref--as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo. Vers 24 En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp! Vers 25 En toe Jesus sien dat 'n skare bymekaar stroom, het Hy die onreine gees bestraf en vir hom gesê: Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou, gaan uit hom uit en kom nooit weer in hom nie. Vers 26 En nadat hy geskreeu en hom baie stuiptrekkings laat kry het, het hy uitgegaan. En die seun het soos 'n dooie geword, sodat baie gesê het: Hy is dood. Vers 27 Maar Jesus het hom by die hand gegryp en hom opgerig; en hy het opgestaan. Vers 28 En toe Hy in die huis kom, vra sy dissipels Hom afsonderlik: Waarom kon ons hom nie uitdrywe nie? Vers 29 En Hy sê vir hulle: Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie."

Mark 16:17-20 "Vers 17 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, vers 18 slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word. Vers 19 ¶ Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God. Vers 20 Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen."

So kan ons ook dan sien dat die doel van die geloof is saligheid vir ons siel. 1Pet 1:9 “en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry."

Ons sien dus uit die bostaande gedeeltes dat geloof is:

a. Die oortuiging van die bestaan van God.

b. ‘n Beginsel of idee of opvatting wat sonder bewys as waar of werklik aanvaar word.

c. Dit is vertroue in iemand se bewerings.


Ons het ook in die begin na Heb 11:1 gelees: " Die geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie." kom ons lees ook Rom 10:8-17"

Kom ons kyk ook na Heb 10:22-23: "Vers 22 laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. Vers 23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou;" en dan lees ons ook Heb 6:11-12: " Vers 11 Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe; Vers 12 sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is."

Hoop is ‘n vertroue wat ons in iets het of plaas, wat nog moet gebeur of vertrou dat dit sal gebeur.

Rom 10:8-17 lees; "Vers 8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:” naamlik die woord van God, die evangelie. Vers 9 "As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; Vers 10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Vers 11 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. Vers 12 ¶ Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Vers 13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word." Dit beteken dat ek geloof, vertroue het daarop dat wanneer ek God aanroep, Hy my sal aanhoor. Vers 14 "Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? Vers 15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie?" ‘n Gestuurde is ‘n gesant van God en die apostels, evangeliste, herders en leraars, is gesante en dus gestuur deur God want God het hierdie gawes aan die mens gegee ter opbouing van die liggaam van Christus, naamlik die kerk. "Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! Vers 16 Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo? Vers 17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God." Die gehoor, beteken nie net alleen om dit aan te hoor nie maar om dit te doen, daardeur word die aanvaarding daarvan ten toon gestel en dus geopenbaar.

Ons sien ook dat hierdie geloof dan ook afkomstig van God is en dus ‘n gawe van God is sodat die geloof eers gewek kan word sodat dit my dan by die daad kan bring sodat ek gered kan word.. Kom ons lees 1Kor 12:9 "aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;"

1Kor 13:2 " En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie." Ja, natuurlik moet ek die daad van die liefde openbaar, die goddelike liefde wat God self is, want God is liefde.

Kom ons kyk ook na Hand 20:21 "terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus." en Hand 26:18 " om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.", hieruit kan ons sien dat geloof bewerk bekering en ‘n erfdeel van die ewige lewe, saligheid vir my siel en vrede in die koninkryk maar dit is belangrik dat ek verstaan dat geloof gepaard gaan met die werke daaraan verbonde en dat ek my aandag daarop sal vestig soos Jak 2:14-26 dan ook aanhaal: " Vers 14 ¶ Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? Vers 15 As daar nou 'n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, vers16 en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie--wat baat dit? Vers 17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood. Vers 18 Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon. Vers 19 Jy glo dat God een is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder. Vers 20 Maar wil jy weet, o nietige mens, dat die geloof sonder die werke dood is? Vers 21 Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? Vers 22 Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke? Vers 23 En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is 'n vriend van God genoem. Vers 24 Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie? Vers 25 En is Ragab, die hoer, nie ook net so geregverdig uit die werke toe sy die boodskappers ontvang en met 'n ander pad weggestuur het nie? Vers 26 Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood."

Nou wat is dan hierdie sogenaamde werke wat ek moet doen? Kom ons kyk wat sê die Bybel: Matteus 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

Matteus 12:50 Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.

Johannes 4:34 Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.

Kom ons kyk verder wat dit beteken: Romeine 11:29 Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.

1 Korintiërs 1:26 Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie;

1 Korintiërs 7:20 Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.

Efesiërs 1:18 verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;

Efesiërs 4:1 Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,

Efesiërs 4:4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;

Hebreërs 3:1 Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus,

2 Petrus 1:10 Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie."

So kan ons nou sien dat die roeping waartoe ons geroep is, is om die wil van God te doen. Hierdie wil van God is om siele te red, mense bring tot bekering sodat hul siele gered kan word en die enigste manier om dit te doen is om die evangelie te verkondig. Dit staan baie duidelik in die volgende skrif gedeelte uitgespel: "2 Timoteus 4:5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening."

Joh 6:28-29 sê dat om die werk te volbring, uit te voer is om te glo, dus om te glo is om te werk. "Vers 28 ¶ Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring? Vers 29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het."

Mark 16:15-16 "Vers 15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Vers 16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word."

Vervolgens gaan ons sien dat die geloof ons sal red, want sonder geloof is dit onmoontlik om gered te kan word, maar dat die hoof wat die geloof is, nog iets is wat moet gebeur maar indien dit klaar gebeur het, dan hoop ek nie meer daarop nie, as ek nog iets of iemand wil sien dan hoop ek nog om daardie een te kan sien maar indien ek die persoon klaar gesien het, hoop ek nie meer daarop nie, Daardeur wil ek wys dat geloof, hoop dan iets is waarop ek nog wag, iets wat nog gesien moet word maar as ek dit gesien het, weet ek dit en ken ek dit. Daarom kom die volgende tekse en verduidelik dit dan ook so.

Rom 8:18 "Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Vers 19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. Vers 20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het, vers 21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. vers 22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. Vers 23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam. Vers 24 Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog? Vers 25 Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding." Ja , hierdie laaste twee verse sê duidelik maar as ek dan ‘n wedergeborene is, moet ek uit God gebore wees, ek moet na Sy beeld geskape wees, ek moet die lig van die wêreld wees, ek moet by God op die berg Sion wees en deel hê aan Sy erfenis, en as dit so is, dan hoop ek nie meer om dit te kry nie want ek het dit dan, ek ken dan God want ek is uit Hom gebore en het dus ‘n geestelike denkende mens geword en ek dien God dan in Gees en in Waarheid. Daarom is daar nie meer die hoop daarop nie maar die wete, want ek ken God.

Amen

 

( Gaan terug na Bo )