Hoofstuk 23

God is 'n verterende vuur :

U kan ook hiervandaan na Hoofstuk 6 toe gaan waar die verklaring gegee word oor Wie en Wat God nog is, deur nou op die blou gekleurde woord te kliek.

( Terug na Inhoud )

Weereens wil ek die volgende teks vir u voorhou, sodat ons nie die geestelike uit die oog verloor en dan geestelike dinge op 'n natuurlike wyse probeer verstaan nie.

Die volgende teks is baie belangrik omdat ons die Bybel gekry het, nie as 'n geskiedenisboek nie maar as 'n boek wat ons vandag moet gebruik en in ons lewe van toepassing maak, ander dien dit geen doel nie. Hierdie boek is dan ook vir ons 'n padkaart tot saligheid en die ewige lewe, m.a.w. tot God. So moet ons dan ook die volgende teks mooi lees en verstaan en die skrifte ooreenkomstig dit lees en toepas.

1Kor 2:13-14

13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Kom ons begin deur na Ex 9:23-24 te gaan kyk; "vers 23 En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en die HERE het hael op Egipteland laat reën. Vers 24 En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Egipteland nooit gewees het vandat dit aan 'n volk behoort het nie." Ja, natuurlik gesproke kan ons nie vuur en haal gemeng kry nie, maar die natuurlike denkende mens sal met die maklikste uitweg vorendag kom deur te sê dat vir God niks onmoontlik is nie. Soos ons gesê het, dit moet geestelik beoordeel word sodat dit vir ons 'n spesifieke geestelike doel en betekenis kan hê.

Hierdie vuur is ook die vuur van God, dieselfde vuur waarmee ons gedoop word - het u dit al in die natuur gesien dat enige kerk of organisasie die mens met vuur doop? - want hierdie doop met vuur is die doop van Christus en ek verwys na Matteus 3:11 "Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur".

Gen 26:6-7 "vers 6 En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop. Vers 7 Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir 'n brandoffer?" Die vuur gaan gepaart met met ywerigheid wat by elkeen teenwoordig moet wees en die hout is die verganklike dinge, die dinge wat ons van die ou mens moet afsterf en prysgee, ons vorige lewens wandelinge en handelinge. Hier het Abram dan ook oppad gewees juis om hierdie dinge deur middel van sy enigste seun, sy enigste erfgenaam te gaan offer, te gaan verbrand en aan God oor te gee.

Ex 24:17, maar ek haal ook 'n stukkie van vers 16 aan sodat die sin verstaanbaar kan wees; vers 16 En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk. Vers 17 En die verskyning van die HERE se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos 'n verterende vuur op die top van die berg. Vers 18 En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte." Let wel, hierdie wolk was 'n wolk van vuur en Moses het daarin gegaan. So lees ons in Numeri 9:15-16 " vers 15 ¶ En op die dag toe hulle die tabernakel opgerig het, het die wolk die tabernakel van die tent van die Getuienis oordek, en in die aand was dit oor die tabernakel soos 'n gedaante van vuur, tot die môre toe. Vers 16 So was dit altyddeur: die wolk het dit oordek, en snags 'n gedaante van vuur." So lees ons ook dat God met die mense, die volk uit die vuur gepraat het, ja die vuur wat geopenbaar word aan die wêreld deur middel van die evangelie, die woord van God, welke is God. God openbaar Homself dan deur middel van sy dienskneg, ek en u wat die wedergeboorte deelagtig geword het en nou die beeld van God geskape is en die lig van God openbaar, ja, uitdra, die beeld van God, want God is Lig en God het juis aan ons van Sy Gees gegee, daarom sê Mat 5:14-16 "vers Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; vers 15 en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Vers 16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik." Ons lees dan ook in Deut 4:12-13 en 24 " vers 11 Toe het julle nader gekom en onder aan die berg gaan staan; en die berg het met vuur gebrand tot in die middel van die hemel, met duisternis, wolke en wolkedonkerheid. Vers 12 En die HERE het met julle uit die vuur gespreek; julle het 'n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning gesien nie--net 'n stem was daar. Vers 13 Toe het Hy aan julle sy verbond verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskrywe. Vers 24 Want die HERE jou God is 'n verterende vuur, 'n jaloerse God." en Deut 9:3 "vers 3 Weet dan vandag dat die HERE jou God die Een is wat voor jou oortrek soos 'n verterende vuur. Hy sal hulle vernietig en hulle voor jou onderwerp, sodat jy hulle gou kan verdrywe en tot niet maak soos die HERE jou beloof het. Vers 4 As die HERE jou God hulle voor jou uit verjaag, moet dan nie in jou hart spreek en sê: Die HERE het my ter wille van my geregtigheid ingebring om hierdie land in besit te neem nie; want weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE hulle voor jou uit." Hier wys God dat Hy ons vooruitgaan op die veld van getuienis, dat Hy reeds daar is en die voorbrand werk doen en dat ons nie nodig het om te vrees en bang te wees nie, want ons getuig deur middel van die Heilige Gees, hierdie Heilige Gees waarmee ons ook gedoop word. Ja ons voer daar die oorlog van geregtigheid teen die vyand, die duisternis en ons oorwin Egipteland, stukkie vir stukkie. Hier wil ek weereens ook u aandag daarop vestig dat al hierdie dinge eers by my ook moet plaasvind voordat ek dit na ander kan neem want ek moet eers self rein en bekleed wees.

Ek wil ook u daarop wys dat hierdie vuur, die vuur van God dan ook die vuur is waarna verwys word as die helse vuur. Kom ons lees nou Deut 32: 22 "Want 'n vuur is aangesteek in my toorn en het gebrand tot in die doderyk daaronder, en dit het die aarde met sy opbrings verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek." Onthou, God is 'n verterende vuur, Hy verbrand al die verganklike dinge in my, Hy suiwer my soos goud, soos vuur wat goud suiwer en ons weet dat goud deur vuur gelouter word.

Omdat ons dan ook na die beeld van God geskape is, moet ons vanselfsprekend ook vuur hê en wees, maar ons moet oppas dat ons nie slap lê en terug verval na ons ou weë nie en ons daardeur ons krag, die krag van God verloor nie. Job 18:5-6 " vers 5 5 ¶ Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie. Vers 6 Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood."

Ons weet ook dat daar ook 'n negatiewe vuur is en ek wil dit ook net bevestig want ons lees dat ons moet ons tong intoom hou, ons moet 'n wag voor ons mond plaas want daardeur kan ons die vuur van ongeregtigheid aansteek. Hierdie vuur van ongeregtigheid is dan ook die bose wat vernietig moet word. Ons het al gehoor van die uitdrukking "You fight fire with fire" en dit is wat ek hier onder u aandig wil bring en ek vir verwys dan na Spr 26:20-21 "vers 20 ¶ Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis. Vers 21 Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits." Nou is dit ook seker duidelik waarom ek verwys na hout as die vergankilke dinge want hout simboliseer die verganklike wat deur die vuur verteer word. Daarom kan ek ook deur middel van my vuurigheid vir God die oorwinning, eerstens by myself, behaal. Want sekerlik, sal ek vasgevang word in die strik en dan sal God hierdie ewige vuur van hel oor my laat neerkom, ja die vuur van God, Sy toorn en woede op my laat neerreën soos oor Sodom en Gemora en Egipteland. Want indien ek verslap in die weg van God en ek dan sou terugkeer na my ou weg, sal dit vir my ewig te laat wees om reg te maak en dan sal die wurm, die wurm van my gewete aan my knaag, vir ewig terwyl die onophoudelike vuur van God op my bly neerkom, sonder genade. Jes 66:15-16 en 24 "vers 15 15 ¶ Want kyk, die HERE sal kom in vuur, en sy waens soos 'n stormwind, om in hittigheid sy toorn te openbaar en in vuurvlamme sy dreiging. Vers 16 Want met vuur en met sy swaard sal die HERE strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die HERE verslaan is, sal baie wees. Vers 24 En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het;want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees." U kan die wurm se verklaring selfs in die verklarende woordeboek "HAT" gaan naslaan.

Maar God wil ons juis gebruik om 'n krag vir Hom te wees in die wêreld, ja eers by my, sodat ek die wêreld in my kan oorwin en daarna vir Hom as 'n dienskeg en krag kan gaan optree en sodoende die siele vir Hom gaan oes. Jer 5:14 " Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond 'n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer." Daarom sal God dan die evangelie, die woord in my mond lê en die woorde wat ek sal uiter, sal dan 'n verterende vuur wees wat die volk, wat hout geword het, die natuurlike denkende mens, sal vernietig sodat hy dan 'n geeslike denkende mens kan word en daardeur God in Gees en waarheid kan dien, want God is Gees. Ook sê God dat Sy woord, wat God is, dan die vernietigende daad verrig, Jer 23:29 " Is my woord nie só, soos 'n vuur, spreek die HERE, en soos 'n hamer wat 'n rots vermorsel nie?" en ook in Es 22:21-22 "vers 21 Ja, Ek sal julle versamel en met die vuur van my grimmigheid teen julle blaas, dat julle dáárin gesmelt kan word. Vers 22 Soos silwer in die smeltoond gesmelt word, so sal julle dáárin gesmelt word; en julle sal weet dat Ek, die HERE, my grimmigheid oor julle uitgegiet het." Soos ek reeds gesê het, ons moet versigtig wees om nie in die weg van God slap te lê en die gebod van God nie onderhou soos God beveel nie want dan sal ons, onself in 'n toestand van hel bevind soos 'n boom wat dan verdroog het en uitgekap word en dan in die vuur verteer sal word. Mat 3:10-11 "10 Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. Vers 11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur." Hieruit kan ons ook sien dat voor ons bekeer het, was ons reeds in hierdie toestand maar dat die genade wat God oor ons gehad het het Hy deur middel van die vuur, ons gereinig want Hy sal ons doop met die Heilige Gees en vuur. Die doop van Christus, wat ons dan ook hierna bespreek. Want ons sal sien dat die Seun, Christus dan aan ons daardeur geopenbaar word, m.a.w. bekend en getoon word, ja deur die wolk, die wolk van getuienis, die evangeliese woord wat God is en die vuur wat God is. Luk 17:29-30 "vers 29 Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig. Vers 30 Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word."

Dit is dan ook noodsaaklik dat ek in die weg van God bly, dat Christus dan vir my gekom het, want ek moet in Christus en in God bly, hoe kan ek dit doen as hierdie dinge nie in my lewe plaasgevind het nie? Maar as ek in God bly, in Christus bly dan sal ek nie in die oordeel kom nie, Joh 15:6-7 "vers 6 As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. Vers 7 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry." God sal dan vir my die vooreg gee om te bou aan Sy koninkryk soos 1Kor 3:12-16 vir my sê; "Vers 12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels-- vers 13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. Vers 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; vers 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen. Vers 16 ¶ Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?"

Soos ek dan ook reeds gesê het dat ons 'n wag voor ons mond sal plaas, en waak teen die ongeregtigheid, kom God en waarsku ons in Jak 3;5-6 ook daarteen vers 5 Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge--kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand. Vers 6 Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek." God het egter 'n oplossing vir ons om te voorkom dat ons in hierdie ongeregtigheid sal verval en dit is om dan toe te laat dat Sy vuur ons sal louter, m.a.w. dat ons gereinig sal word en die vuur hierdie verganklikheid, die hout, in ons lewe verbrand sodat ons dan maagdelik kan bly om sodoende deel van die bruid te kan bly want die bruid van God is die gemeente, die kerk in gees. Om deel van dit te kan wees, sal ons nie onder die oordeel van God kom soos in Op 20:9-10 verwys word nie; "vers 9 9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. Vers 10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid."

Nou kan u verder aangaan met die opklaring van die vuur wat nou verband hou met die doop. Die volgende hoofstuk handel dan oor die opklaring van die doop met die Heilige Gees en vuur.

( Terug na Bo )