Hoofstuk 21
Berg van die Here:
U
( Terug na Inhoud )
Ps 133:1-3
1 ¶ 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat
broers (Heb 2:11-14) ook saamwoon! (Eenheid 1Pet 3:8 = Liggaam van
Christus = toestand van een wees. Rom 12:4-5, maar hoe? Kol 3:12-17).
2 Dit is soos die kosbare olie op die hoof, wat afloop op die baard, die
baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere.(m.a.w. van bo na
onder of groot na klein)
3 Dit is soos die dou (benatting is die voedsel) van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion (woning, Sy huis) ; want daar gebied die HERE die seën (Ps 24:3-5 en Jer 31:12), die lewe tot in ewigheid!
Wat is hierdie berg van die Here, en waar is dit?
Al die mooi dinge wat God vir my gegee het soos beskrywe in die Bybel, het ek
ontvang toe ek my bekeer het en die wedergeboorte proses deelagtig geword het.
M.a.w. ek moet dan by God wees om hierdie dinge te kon kry.
Daarom sê vers 1 dat dit mooi en wonderlik is dat broers saam woon, ja die
broers, die kinders, die seuns van een Moeder en Vader, gebore uit een liggaam,
m.a.w. van een huisgesin. Dat hulle in vrede en liefde met mekaar woon is soos
vers 2 dan vir ons wil vertel, dat die Gees van God, die Heilige Gees oor ons
almal van bo na onder of van groot na klein, kom of oor ons vaardig word. Dit
is soos dou, wonderlike sagte suiwer water wat alles saggies benat, hierdie
benatting is die voeding van God oor Sy woning, Sy huis waarin ek 'n deel
geword het. Om dus deel daarvan te kan wees, moet ek by God wees, dan sal ek
deel kry van die seën, die voedsel, die lewe tot in ewigheid wat niks anders
is, as die ewige lewe self nie.
Wat is die ewige lewe dan nou wat ek gekry het?
Kom ons lees 'n paar tekse daaroor;
Johannes 3:36 Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun
ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
Johannes 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Johannes 5:39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.
Johannes 10:28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
Johannes 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige
waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
Hieruit
Die skrifte getuig in Jes 1:2 "Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want
die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar
húlle het teen My oortree", dat die Here kinders, huisgenote, groot maak
en verhoog. Ja, die kinders van God word volgens Sy wil groot gemaak tot die
volmaaktheid want hulle word dan na Sy beeld en gelykenis geskape en dit gebeur
d.m.v. die wedergeboorte. In hierdie tyd word hulle ook verhoog, want hulle is
uitverkies, hulle is nou in die huis van God, waar? In Sy koninkryk, waar Hy
regeer en alleen heerser is. Die koninkryk is ook die hemel.
So is dit dan ook geskrywe in Jes 52:13 "Kyk, my Kneg sal voorspoedig
wees, Hy sal hoog en verhewe, ja, baie hoog word:, ja die kneg of dienskneg van
God is daardie een wat nou die wil van die Vader doen, onder andere om Sy woord
en koninkryk te gaan verkondig om daardeur siele te win.
Ons hoor ook dat daar meer as een hemel is want daar word verwys na baie tekse
waarin die verwysings na hemele voorkom, daar is ook 'n teks waarna die derde
hemel verwys word,
"2 Korintiërs 12:2 Ek weet van 'n man in Christus, veertien jaar
gelede--of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek
nie, God weet dit--dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel". Hoe
sal ons dan sê? Daar is hemele in die hemel, daar is hemele in die koninkryk
van God? Hoe lyk 'n natuurlike berg? Het dit nie hoogtes en laagtes en heuwels
nie? Berge bestaan ook mos uit reekse uit. As ons nou sê dat God 'n woning in
elkeen van ons gemaak het, "Johannes 14:2 In die huis van my Vader is daar
baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om
vir julle plek te berei", ja, ons is elkeen op sy eie 'n woonplek van God,
m.a.w. 'n berg. Daarom sal hierdie huis, die berg gevestig wees soos in Jes
2:2-3 "2 En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die
HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al
die nasies sal daarheen toestroom. Vers 3 En baie volke sal heengaan en sê:
Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van
Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want
uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit
Daarom het God die volk uit Egipteland, ja uit die land van duisternis na die
land van melk en heuning, die beloofte land Kanaan gebring en die volgende
gesê: "Num 35:34 En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig
nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders
van Israel." en dan ook in Jer 3:14 " Keer terug, o afkerige kinders,
spreek die HERE, want Ek is heer oor julle; en Ek sal julle neem, een uit 'n
stad en twee uit 'n geslag en sal julle in Sion bring. Vers 15 En Ek sal aan
julle gee herders na my hart, wat julle sal oppas met kennis en
verstand.", hierdie berg van God wat ook Sion genoem word, is die hoogte
waarna jy verhoog word waar God is, Jes 33:5 "Die HERE is verhewe, want Hy
woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid" en Jes
8:18 " Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het--tot tekens en
sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg
Sion woon"
Hierdie kinders waarvan ons nou deel van is, het God geheilig, ja Hy het ons na
Sy beeld en gelykenis geskape en daarom sê Hy vir ons in Mat 5:14-15 die
volgende:" Vers 14 Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n
berg lê, kan nie weggesteek word nie; vers 15 en 'n mens steek ook nie 'n lamp
op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir
almal wat in die huis is. Vers 16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat
hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is,
verheerlik.", ja, ons is die lig van die wêreld, die lig van God wat ons
ontvang het want Hy is lig en ons is na Sy beeld geskape daarom dra ons die
beeld van God uit na die wêreld, ons bring God na die wêreld, ons gaan openbaar
God aan hierdie wêreld. Daarom is ons die lig van die stad, die
Dit is waarom ons dan ook die berg van God is, ons die kerk, ook afsonderlik,
want ons het huisgenote van God geword soos in Ef 2:19-22 verwys word;
"Vers 19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar
medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, vers 20 gebou op die
fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen
is, vers 21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige
tempel in die Here, vers 22 in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning
van God in die Gees."
Die rede is dan ook duidelik soos in Jes 33:14 na verwys is maar ook word dit
in die volgende teks bevestig dat die gemeente, die kerk, die huis van God is,
nie die gebou nie maar die mense self. 1Tim 3:15 “Maar as ek vertoef, dan
Maar God stel dit duidelik dat ons nie 'n natuurlike denkende moet wees nie en
daardeur na 'n natuurlike berg en woning moet soek nie maar na 'n geestelike
toestand en woning want God is geestelik daarom verwys die skrifte ook dat dit
nie tasbaar is nie; "Heb 12: 18-22 vers18 Want julle het nie gekom by 'n
tasbare berg nie en 'n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm vers
19 en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het
dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie-- vers 20 want hulle kon die
gebod nie verdra nie: selfs as 'n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word
of met 'n pyl neergeskiet word. Vers 21 En Moses, so vreeslik was die gesig,
het gesê: Ek is verskrik en ek sidder. Vers 22 Maar julle het gekom by die berg
Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende
engele, vers 23 by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes
wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die
geeste van die volmaakte regverdiges,"
So wil ek u dan ook na die nuwe en hemelse Jerusalem verwys wat dan nou deur
God gemaak is waarvan ons dan nou 'n deel is, huisgenote van God. Verwys u na
Op 21 veral tekse 1-7 en 9-10.
"1 ¶ En ek het 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe
3 En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.
4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.
5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
7 Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun wees.
En
9 ¶ En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.
10 En hy het my in die gees weggevoer op 'n groot en hoë berg en my die
groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God
neerdaal;"
Maar dit eindig nie hier nie want as ons terug gaan na waar Abraham sy enigste
erfgenaam moes gaan offer, hy moes hom neem na 'n plek, 'n berg wat deur God
aangewys sou word, maar ons sal sien dat daar eers na hierdie plek as 'n land
verwys word, Gen 22: 2 " Toe sê Hy: Neem jou seun, jou
enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as
brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys" waar daar dan 'n
sekere berg aan hom uitgewys sou word, hierdie land is 'n reeks berge, soos ons
reeds voorheen bespreek het. Toe hulle die plek gevind het, het Abraham die
plek 'n naam gegee, in vers 14 " En Abraham het dié plek genoem: Die
HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die
HERE sal dit voorsien word." en ons sal agterkom dat daar in hierdie teks
verwys woord na die berg van die Here en dat daar deur die Here voorsien sal
word, net soos die geval wat ons by Ps 133 gevind het. Ons sal ook agterkom dat
daar in baie gedeeltes na die berg van die Here, die berg van God, die heilige
berg en heelwat ander name verwys word, maar onthou net dit, dat daar is net
een berg van God, en dit is waar die hemel, die koninkryk en woning van God is.
Ons sal ook sien dat Moses het by die berg van God uitgekom in Ex 3:1 “En Moses
het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van Mídian. En
toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by die berg
van God, by Horeb. Vers 2 Daarop verskyn die Engel van die HERE aan
hom in 'n vuurvlam uit 'n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos
in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!"
Ons het ook in Jes 2:2-3 gesien dat hierdie berg van die Here, ook die huis van
God is en dat daar ook verwys word na Sion. So sien ons ook dat die Here aan
Aäron sê om na Moses in die woestyn na die berg van God moes gaan, "Ex
4:27 Die HERE het ook aan Aäron gesê: Loop Moses tegemoet in die woestyn. En hy
het geloop en hom by die berg van God aangetref en hom gesoen", nog steeds
dieselfde berg. Daarom kom die skrifte in Ps 24:3 en vra die vraag; “vers 3 ¶
Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?
Vers 4 Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot
nietigheid en nie vals sweer nie. Vers 5 Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid
van die God van sy heil." en gee ook die antwoord dat hy wat skoon en rein
is, ja hy wat gereinig is. Hou ingedagte dat hierdie gebeurtenisse nie van
toepassing is die dag as ons nie meer in die natuurlike liggaam is nie, maar
dat dit reeds nou van toepassings is. Ons sien dan weereens dat die seën verkry
sal word daar op die berg by God maar indien jy gereinig is, maagdelik is, dan
alleenlik
Kom ons kyk ook na nog 'n ander geval in Ps 76:2 " Ook het in
God het hierdie land, wat ook genoem word, Kanaan die land van melk en heuning daargestel sodat die land Egipte, oorwin kan word, hierdie Egipteland van duisternis en sonde.
( Terug na Bo )