Hoofstuk 2

Bekeer en Bekering:

(Terug na Inhoud)

1. Wat is en wat beteken bekering?

1.1 Bekering is, om van die kwade af weg te kom en na God te keer; verwys na 'n gedeelte in 2Kon. 17:13 en ook in Jes. 55:7 wat soos volg lees, 'Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagte; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik".

Bekering is dus die besluit wat ek moet maak om te verander.

1.2 Bekering is, om goed te doen instede van kwaad; verwys na 2Kon. 17:13 soos in Par. 1 beskrywe is.

Ons kan ook na die volgende tekse kyk: Ps. 34:15; 37:27; Jes. 1:16-17; Eseg. 18:30-32; "Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle afweg en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel? Want Ek het geen behae in die dood van horn wat sterwe nie, spreek die Here Here. Bekeer julle dan en lewe".

Verder kan ons ook in Amos 5:14-15; Hand. 26:20 en 1Pet. 3:11 gaan lees.

2. As jy jou tot God keer, moet jy dit met hárt en siel doen soos in Deut. 30:2 en 10; 1Sam. 7:3; 1Kon 8:48 en Joël 2:12 daarna verwys word.

3. Christus het bekering gebring vir sondaars; Matt. 9:13; Mark. 2:17; Luk. 5:32 "Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering".

4. Een van die eerste beginsels van die evangelie is die bekering wat ook lewe en verlossing bewerk; verwys na Heb. 6:1-6 wat ons vertel van die bekeerdes wat hulle tot God gekeer het, wat afgedwaal of afvallig geword het en hulle dan weer tot God keer - vers 6 lees soos volg - "omdat hulle ten opsigte van hulself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak".

Verder is dit noodsaaklik om eers van sonde oortuig te wees voor bekering kan geskied; Hand 2:37-38

5. Die skrifte sê ook dat - en ons lees Matt. 3:2 "Bekeer julle want die koninkryk van die hemele het naby gekom". Ons gesels weer later oor hierdie koninkryk wat so naby gekom het.

6. Bekering dien tot die verwydering van die bedekking - sluier, onverstaanbaarheid - en die vergifnis van sonde.
Dit is dus belangrik om eers tot bekering te kom voordat ons enige vergewing van sondes kan verwag; Luk. 3:3; Hand.  2:38; 3:19; 8:22 wat soos volg lees "Bekeer julle dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagtes van jou hart jou miskien vergewe mag word. U sal sien dat ek die gedagte van jou hart in die sin met donker letters gedruk het, daarmee wit ek net u aandag daarop vestig dat ons geneig is om te dink, dat die hart waarvan in die skrifte gepraat word, ons natuurlike hart is wat bloed deur ons liggaam pomp.

In 2kor. 3:14-16 staan geskrywe "Maar hulle sinne (gedagte, verstand) is verhard". Daar staan ook geskrywe dat ons nie ons hart moet verhard nie - "Want tot vandag toe bly die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word. Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar 'n bedekking oor hulle hart; maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem".

7. Bekering word gepreek of verkondig deur 'n dienskneg van die Here; Hierdie dienskneg kan enige persoon, wat 'n bekeerde en wedergeborene is, wees; verwys na Ps. 51:15; Mal. 4:6 en veral Hand. 14:15; 26:l6 en lThess. 1:9.

8. Bekering word ook in baie ander tekse gemeld; Ps. 19:8; Hand. 8:35; 8:38; 2Tim. 3:16-17 wat soos volg lees, "Die hele skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus".

9. Bekering gaan gepaart met:

9.1 Nederigheid; 2Kron. 7: 14, Matt. 23:12; Jak. 4:9-10; lPet.5:6 wat soos volg lees; "Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd".

9.2 Opregte berou; verwys 2Kor. 7:9-11.

9.3 Gebed; verwys na Hand. 8:22.

9.4 Geloof; verwys na Matt. 21:32 en Mark. 1:14-15.

9.5 om sonde te haat; Eseg. 6:9, 20:43, 36:31 wat soos volg lees; "Dan sal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; en julle sal vir julle-self walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels".

9.6 Goeie werke. Matt 3:8, Luk. 3:8; Hand. 26:20, Hieruit ons sien dat ons die werke of dinge moet doen wat by 'n bekeerde of bekering pas.

10. Ons lees ook in Hand. 26:18 "om hulle oë te open (verstandsoog, verstaanbaarheid), dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van Satan tot God, sodat deur die geloof in My vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang".

U kan ook deur gaan na die Bekeer / Bekering wat vir u meer tekse daaroor gee wat aansluiting vind by hierdie onderwerp, deur net op die woord in blou te kliek.

(Terug na Bo)