Hoofstuk 18

Skepping van die Mens:

U kan ook deur gaan na die Mens wat vir u meer tekse daaroor gee wat aansluiting vind by hierdie onderwerp, deur net op die woord in blou te kliek.

( Gaan terug na Inhoud )

Die volgende teks is baie belangrik omdat ons die Bybel gekry het, nie as 'n geskiedenisboek nie maar as 'n boek wat ons vandag moet gebruik en in ons lewe van toepassing maak, ander dien dit geen doel nie. Hierdie boek is dan ook vir ons 'n padkaart tot saligheid en die ewige lewe, m.a.w. tot God. So moet ons dan ook die volgende teks mooi lees en verstaan en die skrifte ooreenkomstig dit lees en toepas.

1Kor 2:13-14

13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Nou hoekom sou God dan weer mense skape indien daar dan reeds mense was, soos ons in Spr 8 gelees het? Wat is dan die verskil?

Kom ons soek die antwoorde weereens in die bybel.

Maar hierdie Adam en Eva was nie net sommer van hierdie gewone mense nie. Hulle was uitgesonder deur God, dit is waar die Kerk van God begin het want hulle was afgesonder en heilig beskou, daarom was hulle in die Tuin, Eden geplaas.

God verander die mens na sy beeld en om na die beeld van God geskape te word is om geestelik verander word, want God is Gees en nie vlees of natuurlik nie. So God verander die denke van die mens van 'n natuurlike denkende na 'n geestelike denkende mens.

In 1Kor 15:44-50 " vers 44 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam. Vers 45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het 'n lewende siel geword; die laaste Adam 'n lewendmakende Gees. Vers 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. Vers 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. Vers 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. Vers 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. Vers 50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.” Ons lees ook in vers 40 die verskil tussen die twee “En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse." Ek dink dat u hierdeur kan sien dat ons nou besig is met die wedergeboorte. So kan ons sien dat die heerlikheid van die hemelse liggame anders is as die van die aardse omdat vers 44 sê dat 'n natuurlike liggaam gesaai word en 'n geestelike liggaam opgewek word. Om hierdie stelling meer duidelik te stel sien ons dat die aardse mens eerste bestaan het en dat hy net aardse belange gehad het en was dus nie bewus van die heerlikheid van God nie . Daarom verskil Adam en Eva van die ander mense want God het die mens geskape na sy beeld en gelykenis en dit word gedoen deur middel van die wedergeboorte proses. Deel daarvan is dan om soos God te wees, en om soos God te wees is om geestelik te word want God is Gees en lees dit in Joh 4:24 "God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.", daarom is dit ook so dat indien ek God wil dien, ek Hom ook in gees sal dien en ek kan dit alleen doen indien ek 'n geetelike mens geword het. Dit is dus waarom God my omskep na 'n hemelse mens. Daarom het omskep God die eerste mens in 'n hemelse mens sodat die hemelse bewus kan word van Sy heerlikheid. Om bewus te word daarvan is om dit te sien.

Kom ons staan eers weer stil by Gen 1:2, om te sien hoe God die aardse mens omskep om die hemelse mens te kan wees.

Ons lees dat die aarde, die mens was woes en leeg en in duisternis. Dit is 'n toestand waarin die aardse mens was.

Woes: beteken deurmekaar. Die aardse mens se lewe was gevul met aardse dinge en allerhandse ander soortige evangelies, maar nie die evangelie van God nie, maar God het geen behae daarin nie want Hy wil in Gees en Waarheid aanbid en gedien word.

Leeg: beteken daar was niks. Die aardse mens se lewe was leeg ten opsigte van die heerlikheid van God, die waarheid, want die mens het die heerlikheid van God nie geken nie. Daarom sê Romeine 8:5-9 "Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. Vers 6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, Vers 7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. Vers 8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; Vers 9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie."

Duisternis: hier gaan ons eers stil staan by die volgende teks, want hier sê God laat daar lig wees.

Ons kan nou beweeg na Gen 1:3 sodat ons die verklaring van die skepping van lig kan kry. Kliek op die volgende: Skepping van lig.

( Terug na Bo )