Hoofstuk 15

Hemel:

(Terug na Inhoud)

Hierdie hoofstuk gaan vir ons wys waaruit bestaan die Hemel (Hemele) en waar die hemel is. Ek verwys ook terug na Hoofstuk 4 paragraaf 7.11 tot 7.13.

1. Die hemel is:

1.1 die hemelse koninkryk maar ook die koninkryk van die hemel.

In Matt. 3:2 staan geskrywe "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom."

1.1.1 die koninkryk van die hemele:

Daar word ook na die koninkryk van die hemele verwys in die volgende tekse, Matt.4:17; 5:3, 10 en 20; 10:7; 11:12; 13:43; 16:19, 18:1 en 3 tot 4 en 23; 19:12 tot 14 en 23:13.

1.1.2 die koninkryk van God.

In Matt. 6:33 staan geskrywe " Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word". Verder in Matt. 12:28, lees ons "maar as ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom".

Soos ons almal sekerlik weet dat 'n koninkryk is die plek waar 'n koning regeer, so is die koninkryk van God ook die plek waar God regeer. Daarom is vir ons in Matt. 6:33 gesê dat ons eers hierdie koninkryk, waar God regeer, moet soek voordat ons kan deel hê aan die dinge wat hierdie teks vooraf gegaan het. Daarom kan ons sê dat, om die koninkryk te soek, is om God te soek en tot God te keer (Bekeer en wedergebore te word). Dan is dit wanneer die duiwels (die wêreld se dinge en boosheid) uit ons verdryf word, ons sterf dit af en word 'n nuwe mens. Deur hierdie is dit dan dat die koninkryk van God by ons en vir ons gekom het. Lees gerus Matt. 12:28.

Daar word vir ons hier gesê om die koninkryk te soek. As hierdie koninkryk dan nou God se blyplek is en God is gees dan moet hierdie koninkryk ook 'n geestelike plek wees. Hoe sal ons dit dan vind as dit dan nou 'n geestelike plek is? Hoe sal ons God dan vind want God is ook gees. Dus om hierdie koninkryk te vind is dan om God te vind. Gaan ons dit dan op 'n plek gaan soek waar dit vir die mens onmoontlik is om uit te kom? Nee!, beslis nie, God is nie so onregverdig om dit buite die bereik van die mens te plaas en dan van hom verwag om daarby uit te kom nie.

Ons sien ook in Matt. 19:23 en 24 word verwys na die koninkryk van die hemele en dan weer as die koninkryk van God. Dit is dus dieselfde plek.

Ek verwys jou ook na paragraaf 1.3 wat volg. Lees ook Matt. 21:31 en 43 asook 26:29.

Jesus sê in Mark. 1:14 en 15 tydens die roeping van die eerste dissipels, nadat Hy in Galilia gekom het en die evangelie van

die koninkryk van God verkondig, "die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie".

Lees ook verder in Mark. 9:1 en 10:24.

1.1.4 Ons het reeds in paragraaf .1.2 genoem dat ons eers wedergebore moet word om die koninkryk te kan sien, so is dit in Joh. 3:3 geskrywe.

Lukas sê in Hand 14:22 aan die dissipels, om hulle siele te versterk, dat hulle - en ons - deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan. Daarom antwoord Lukas ook aan die mense (die Fariseers) toe hulle aan hom vra wanneer die koninkryk van God dan sal kom, dat die koninkryk van God nie met sigbare tekens kom nie want die koninkryk van God is binne-in julle (ons). Dit staan net so ook in Lukas 17:20 tot 22 geskrywe.

Die vraag wat ook baie gevra word is;

Wat is die koninkryk? Rom. 14:17 sê "want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag". Welgevallig beteken plesier, dit aanneem en genoeë.

Ons het ook in Hoofstuk 12 na die Geestelike gawes verwys (paragraaf 5). Hierdie gawes is ook die kragte van God. Ons lees in lKor. 4:20 dat die koninkryk van God bestaan uit krag.

1.2 Die hemelse koninkryk is ook:

Die koninkryk van Jesus Christus. Lees gerus Matt. 16:28; Luk.22:30; 23:42; Joh.18:36; Kol.1:13 en 2Pet.1:11.

1.3 Die hemelse koninkryk is ook:

Dieselfde plek waar Adam en Eva was. Hierdie Paradys waarvan daar geskrywe is, is nie 'n natuurlike plek nie. Want so is dit dan dat hierdie Paradys ook al in die natuur gesoek is maar tot vandag nog nie gevind is nie. Daar is op 'n stadium vir my gesê dat hierdie Paradys waarin Adam en Eva beweeg het, tydens die sonvloed vergaan het en dat hierdie Paradys en die een waarna verwys word waar Jesus aan die kruis hang, nie dieselfde is nie. Dit is nie waar nie want in Open 2:7 staan dan geskrywe dat die een wat oorwin, die wêreld en sonde, die duisternis en Satan, aan daardie een sal gegee word om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die Paradys van God is. Dus hierdie boom en die boom asook die Paradys moet dus nog bestaan en is dus ook nog dieselfde as die waarna Genesis verwys.

Ons kan sê en verstaan dat Adam en Eva die eerste uitverkorenes (dissipels) was, wat in hierdie Paradys (wat 'n hemelse en geestelike toestand is) gelewe het.

Paulus skryf in sy tweede brief aan die Korinthiërs, 2Kor.12:2 tot 4, "ek weet van 'n man in Christus, veertien jaar gelede of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit - dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel, ek weet van so 'n man - of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit - dat hy weggeruk is in die paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat 'n mens nie mag uitspreek nie.

Jy sal agterkom dat ek die derde hemel en in die paradys met vet letters gedruk het, want ek wil jou daardeur wys dat dit een en dieselfde plek is waarvan gepraat word.

Verder wil ek bevestig wat ek reeds gesê het, die paradys is die koninkryk (God se woonplek) deur jou na Open. 2:7 te neem, dit is uit die openbaring (vision, droom of profeet) van Johannes wat hy aan die sewe gemeentes in Asie geskrywe het en spesifiek uit die brief gerig aan Efese, "wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeente sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek (die Heilige Gees, God) gee om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is.

1.4 Die koninkryk is ook die onverwelklike erfenis. Lees dit in lPet.1:4 tot 5 en ook Matt. 6:20 en Heb. 10:34.

2. Die koninkryk (hemel) is ook die hemelse Jerusalem, so het ons reeds in Hoofstuk 4 paragrawe 7 tot 19 bespreek.

Daar word ook in die skrifte in Gal. 4: 26 en Heb. 12:22 verwys na die Jerusalem daar bo, en word dit ook in Open.3:12 ; 21:2 en 2:19 as die nuwe Jerusalem beskryf en verwys as die heilige stad.

Ons lees in Heb.11:l0 en 16; 13:14 en Open.21:10 en 14, dat die Hemelse Jerusalem ook die stad met fondamente is en hierdie fondamente is volgens Efes.2:19 en 20, die Apostels en Profete.

'n Ander interesante verwysing is dat die Bruid van die Lam ook as die Hemelse Jerusalem gemeld word. Kom ons lees Open.21:2 en 19:7 tot 8 asook 2Kor.1l:1 tot 2. Indien ons nou oplet sal ons sien dat die skrifte sê dat die Gemeente (kerk) waarvan ons elkeen 'n lid van is, sal nadat almal tot die eenheid van geloof gekom het, die liggaam(die liggaam van Christus) dan volmaak sal wees en dat hierdie liggaam as 'n bruid (vroulik) vir die Lam (wat God is) voorberei sal word. Hierdie Bruid word ook in Open .21:9 tot 10 as die hemelse Jerusalem, die koninkryk en blyplek van God beskryf. Ek wil net 'n gedeelte van vers 9 en 10 aanhaal, "kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam. En hy het my in die gees weggevoer op 'n groot en hoë berg (Sion) en my die groot stad getoon, die Heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal"

Die Geestelike bruid is in Hoofstuk 7.15 bespreek.

3. Die hemel is ook die Hemelse Vaderland, verwys Heb.11:14 tot 16.

3.1 Die Hemelse Vaderland is ook die woning van God in gees. Joh.14:2 en 23; 2Kor.5:2, 6:16; 3:17 en Open.21:3. Ek wil jou ook terug verwys na Hoofstuk 4 paragraaf' 7.13.

Die Hemelse Vaderland is ook die gebou van God. Ons het reeds weereens in Hoofstuk 4 paragraaf 7.13 gesien dat ons die woning en gebou van God is. Lees verder ook lKor.3:9; 2Kor.5:1 en Efes.2:19 tot 22.

Die Hemelse Vaderland is ook die tempel van God. Ek wil weereens na Hoofstuk 4 paragraaf 7.13 en 7.25 verwys waar ons gesien het dat ons ook die tempel van God is. Verwys ook na lKor.3:16 tot 17; 6:19; 2Kor.6:16; Efes.2:21; Open.11:1 en 21:22.

Die Hemelse Vaderland is ook die tabernakel van God. Ons het ook in Hoofstuk 7.13 gesien dat die tabernakel van God by die mense is. Lees Heb.8:2; 9:11 en 24 en Open.21:3.

4. Die skrifte sê vir ons baie duidelik dat Jesus Christus vanuit die hemel neergedaal het. Wanneer ons na hierdie voorafgaande paragrawe van hierdie hoofstuk kyk, sal ons sien waar en hoe hierdie hemel is en lyk. Jesus het vanaf hierdie hemel na die hel (die wêreld se toestand, die sonde) neergedaal. Gaan lees Joh.3:13 en 31; 6:33 en 38 sowel as 62; 8:23; 17:5 en lKor.15:47.

5 Ons lees ook in die skrifte dat Jesus Christus na die hemel opgevaar het. Ons meet altyd onthou dat die hemel 'n geestelike ding en plek is.

Ons het in Hoofstukke 3 en 13 die wederkoms van die koninkryk bespreek en gesien dat die wederkoms nie vanaf 'n natuurlike plek (hemel) en met 'n natuurlike wolk sal plaasvind nie.

In Hoofstuk 4 is die geestelike dinge bespreek en ons het gesien waar die koninkryk is en waaruit dit bestaan. Ons het uit hierdie hoofstukke gesien dat dit baie duidelik is dat hierdie koninkryk en hemel een en dieselfde plek is.

Hoofstuk 12 paragraaf 6 het ons gesien dat Efes. 1:3 sê, "geseënd is die God en Vader van alle geestelike seëninge in die hemele in Christus." Hierdie hemele is in Christus en ons het ook in Hoofstukke 8 en 9 gesien wie en waaruit hierdie Christus (die kerk) bestaan.

Omdat God in die hemel woon, (Joh.3:13) waarvan ons ook 'n deel is, want God het in ons 'n woning gemaak en hierdie woning is ook Sy koninkryk. As dit in ons lewens vandag so is, dan is dit wanneer ons, ons tot God bekeer en wedergebore is. Ons het ook dan deel in hierdie hemel of hemele, onthou dat hierdie alles geestelike dinge is. Nou kan ons ook verstaan dat die opvaring ook 'n geestelike gebeurtenis moet wees maar, ons sal hierdie aspek weer op 'n latere stadium behandel.

U kan ook deur gaan na die Opklarende Tekse van die Hemel of die nog ander tekse van die Hemel hieraan verbonde, deur net op die woorde in blou te kliek.

(Terug na Bo)