Die Wêreld:
U
Ons het in die voorafgaande hoofstukke baie oor die wêreld gepraat en
het ook al gesien waaroor dit gaan en waaruit dit bestaan.
Hierdie hoofstuk gaan vir ons meer oor die wêreld vertel en verduidelik
wie deel is daarvan en dit sal ook vir ons wys wat dit beteken, sodat ons dit
nie verwar met die betekenis van die aarde of dit dalk wil sien en verstaan as
die natuurlike aarde nie.
1. Die wêreld is almal
wat nie tot die liggaam, gemeente of kerk van Christus behoort nie. Met ander
woorde, die wat nog in die dood verkeer en nie wedergebore is nie. Dit
is ook my eie wil, vleeslike of natuurlike denke en begeertes. Hierdie
wêreld besit volgens die skrifte ook koninkryke. Soos ons
Lees Matt 48, Luk 45 en Open. 11:15 sê vir ons dat hierdie koninkryke van
die wêreld sal ook teen die einde die eiendom van Christus word.
Daarom wys die skrifte ook vir ons dat Christus se koninkryk nie van of deel is
van hierdie wêreld nie. Jesus sê aan
2. Hierdie wêreld ken God nie. 1 Joh. 3:1
"Kyk wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van
God genoem
Lees ook Joh. 16:3, 17:25 en Efes. 2:l2 wat vir ons sê dat ons in die tyd
toe ons nog deel was van hierdie wêreld, sonder God was.
Die liefde van God was so groot vir hierdie wêreld dat Hy sy eniggebore
Seun gestuur het om hierdie wêreld 'n versoening met God te bewerk. Joh.
3:16-17 en 2Kor. 5:19.
In Joh. 1:9-10, 19 en 29 staan daar geskrywe dat die Lig
(Christus) wat hierdie wêreld sou verlig op pad is. Vers 10 lees "Hy
was in die wêreld en die wêreld het deur Hom ontstaan,
en die wêreld het Hom nie geken nie, Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie
mense het hom nie aangeneem nie. Vers 19 lees "En dit is die oordeel. Dat
die Lig (Christus) gekom het, en die mense het die duisternis
(hierdie wêreld) liewer gehad as die Lig; want hulle werke
was boos".
Gal. 1:4 Lees ook soos volg, "wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat
Hy ons
Lees ook Joh. 4:42, 6:14 en 33, 9:39, 10:36, 18:37, 1Joh. 2:2en 4:9 en 14.
Gaan lees ook Gal. 4:3-5 want in vers 3 word gesê dat ons in die diens
van hierdie wêreld was en hierdie wêreld lewe onder die wet en dat
God (Christus) ons daarvan sou los koop, m.a.w. ons sal daarvan vrygemaak word.
'n Verdere bewys van die geestelike opstanding staan in Efes. 2:1-6 waar Paulus
aan die Efesiërs sê dat Christus ons lewend gemaak het want ons was
dood deurdat ons in hierdie wêreld van sondes en misdade gewandel het.
3 Die skrifte sê ook dat almal wat uit
God gebore is, oorwin hierdie wêreld.
Lees ook lKor. 15:5 7.
4. Hierdie wêreld haat die kinders van God. Jesus se gebed vir sy dissipels (bekeerdes) was dat God hulle van die bose - die bose dinge van die wêreld - moet bewaar. Jesus sê dat hulle - die dissipels - nie meer van hierdie wêreld is nie, dit beteken dat hulle nie meer deel is van, of het aan hierdie wêreld se dinge nie, maar dat Hy sy dissipels die wêreld instuur om daardie mense wat nog deel is van hierdie wêreld, te gaan red deur die evangelie - Woord van God - aan hulle te bring. Joh. 17:14-18.
5 Die skrifte sê in lKor. 7:31 dat die
dinge van die wêreld verby sal gaan. Dit word ook beskryf soos 'n damp
wat vir 'n kort tyd verskyn en daarna verdwyn. Jak. 4:14.
In 1Joh. 2:16-17 lees ons, "Want alles wat in die wêreld is - die
begeerlikheid van die vlees (die mens) en die begeerlikheid van die oë en
die grootheid van die lewe - is nie uit die Vader nie, maar is uit die
wêreld en hierdie wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy
wat die wil van God doen bly vir ewig."
6. Ons lees ook in die skrifte dat die mense
wat deel het aan die wêreld en sy dinge, die
Ons lees in Matt 6:24 dat niemand
Jesus sê aan sy dissipels in Joh. 15:19 "As julle van die
wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê, maar omdat
julle nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld
uitverkies het, daarom haat die wêreld julle."
Ek wil nog 'n vers in die skrifte aanhaal waar dit sê dat wie met hierdie
wêreld meng, die word 'n vyand van God. Jak. 4:4, "Wie dan 'n vriend
van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God."
Verder in lJoh. 2:15, "Moenie die wêreld liefhê of die dinge
wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld lief het, dan is die
liefde van die Vader nie in hom nie."
Dit is dus vir ons baie duidelik dat die dinge van hierdie wêreld, bose
dinge is en dat dit uit hierdie bose dinge bestaan. Daarorn
7. 'n Ander ding wat ook aanleiding kan gee tot
die bose, is die tong, die tong wat gebruik word om mee te praat. Die skrifte
sê vir ons in Jak. 3:5-6, en 8-11, dat ons die tong in toom moet hou,
want ons struikel dikwels daarmee.
Die tong is ook 'n klein deeltjie (lid) van die natuurlike liggaam maar
Die skrifte sê ook dat die tong (mond) nie seëninge en vervloekinge
moet uiter nie, dit behoort nie so te wees nie, want in vers 11 staan, "
'n fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel
nie."
In vers 6 staan dat die tong is die wêreld van ongeregtigheid.
8. Lees Joh 14:17-18 want hierdie wêreld kan nie die Heilige Gees ontvang nie, dit sal eers kan wanneer die mense tot bekering kom, m.a.w, die Heilige Gees (God) kan nie sy woning daar in die mens gaan maak nie. Daardie mens sal eers deur God van hierdie wêreld verlos word.
9. Die owerste - aanvoerder of hoof van die
wêreld.
Daar staan in Efes. 6:11-12 geskrywe dat ons moet staande bly teen die liste
(boosheid) van die duiwel want die worsteling en stryd is nie teen vlees en
bloed (die mens) nie, maar teen die owerste, die magte en wêreldheersers
van die duisternis en teen die bose geeste.
Lees ook Joh. 12:3, 14:30 en 16:11.
10. Die wysheid (kennis) van hierdie wêreld en sy mense is dwaasheid by God. lKor. 1:20-21 en 27-28, 2:6-7, en veral lKor. 3:18-20 en lees ook Jak. 2:5.
11. Die skrifte leer ons dat ons wat gelowig en wedergebore is, nie die gees van hierdie wêreld het nie want ons spreek nie die menslike woorde of wysheid oor die evangelie nie, maar ons spreek met die wysheid wat ons van die Heilige Gees (God) leer en kry, sodat ons die geestelike dinge met die geestelike vergelyk. So staan dit in lKor. 2:6-8 en 12-13 geskrywe.
12. Die apostels van Jesus se tyd was gesien as die wêreld se
skouspel. Die mense het vir hulle gelag en bespot, hulle is vervolg, belaster
en sleg gesê. Hulle is ook soos uitvaagsels in die oë van die
wêreld gewees, so beskryf Paulus dit in lKor. 4:9-18.
En as ons kyk na hoe die bekeerdes, die wat die leer van Christus, naamlik die
apostoliese leer, vandag ook volg, ook in vandag se tyd behandel word, is daar
nie 'n groot verskil nie. Die wêreld skryf in boeke oor hierdie lede wat
hierdie leer van Christus volg en skel hulle uit as valses en sektes. Hulle
skryf oor dinge wat nie sin maak nie en dit is net omdat hulle die geestelike
dinge nie verstaan nie. Maar Paulus skrywe in lKor. 6:11 dat sommiges van ons
ook so was, toe ons nog in (deel) die wêreld was, "En dit was
sommige van julle; maar julle het jul laat afwas (reinig, doop deur die
wedergeboorte), maar julle is geheilig,"
13. Ons, die heiliges en gelowiges (bekeerdes) sal die wêreld oordeel. Dit sê Paulus in lKor. 6:2.
14. Ons het al uit heelwat tekse gesien dat die heiliges in die wêreld is maar dat die heiliges nie meer van die wêreld is nie. Hier is nog 'n paar tekse wat daaroor handel. Joh. 8:33, 9:5, 15:19, 17:11 en 14 en 16, 18:36, 2Kor. 1:12, Filip. 2:15 en Kol. 2:20.
15. Ons het in paragraaf 2 gepraat van die Lig,
die Lig wat kom in die wêreld en nou sê Jesus aan sy dissipels (die
gelowiges) in Matt. 5:14, "Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad
wat bo-op 'n berg lê
Lees ook in Filip. 2:15.
Dit wat ons hierbo gemeld het, beteken dat ons die goeie dinge (geestelike
dinge) en goeie werke (Christelike of Goddelike werke) moet uitdra en ons moet
ons soos gelowiges gedra sodat die wêreld dit sal raak sien. As ons
werklike bekeerdes en wedergeborenes is, sal hierdie dinge wel raak gesien
word. Ons moet dus 'n voorbeeld stel vir die wêreld sodat hulle ons
weë en voetspore sal volg. Ons moet dus ook die vrugte dra wat by die
bekering pas, soos Gal 5 dit vir ons uitspel.
16. Jesus verklaar (maak bekend) die gelykenis
van die onkruid aan die dissipels in Matt 13:37-40, "En Hy het geantwoord
en vir hulle gesê. Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,
en die saailand is die wêreld. Die goeie saad - dit is die kinders van
die koninkryk (bekeerdes en wedergeborenes), en die onkruid is die kinders van
die bose, en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die
voleinding (einde van die bestaan) van die wêreld en die maaiers is die
engele."
Daarom, soos ons in paragraaf 14 gesê het, ons is in die wêreld
maar is nie deel daarvan nie. Die dissipels, ons nou ook, word die wêreld
in gestuur om die Woord (evangelie, Christus) te gaan verkondig en die wat glo
sal gered word. Matt. 28:19 en veral Mark. 16:15-16.
Lees gerus ook Matt. 24:14, 26:13, 28:19, Mark.14:9,
17. Hierdie wêreld het deur God ontstaan. Ons glo ook dat alles deur God ontstaan het. Lees Joh 1:3 en 10, Hand. 14:15 en 17:24.
18. Ons het gesien dat die gelowiges, die lig
vir die wêreld moet wees en is. Nou gaan ons weereens sien dat Christus
(die kerk en gemeente) die lig is van die wêreld.
Die skrifte sê in lJoh. 1:4 en 9 dat Christus (die kerk, die
wedergeborenes en gelowiges) is die lig van die wêreld, hierdie
wêreld wat in die duisternis is en lewe.
Joh. 3:19 lees, "dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense
het die duisternis liewer gehad as die lig: want hulle werke was boos."
Lees ook Joh. 8:12, 9:5 en 11:8-10.
Jesus sê in Joh. 12:46 "Ek het as 'n lig in die wêreld gekom,
sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis (wêreld) sou bly
nie."
Jesus sê ook in Joh. 12:34 -36 "Die skare antwoord hom: Ons het uit
die wet gehoor dat die Christus tot in ewigheid bly, en hoe sê U dat die
Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens? En Jesus
sê vir hulle: Nog 'n klein tydjie is die lig by julle. Wandel solank as
julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. En wie in die
duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie. So lank as wat julle die lig het,
glo in die lig, sodat julle kinders van die lig
Dit wil sê, dat ons wat gelowig en bekeer of wedergebore is, is kinders
van die lig en die wêreld sal dit aanskou want die mense van die
wêreld wandel in die duisternis. Die kleinste liggie sal altyd -
natuurlik gesproke - in die donker sigbaar wees.
19. Die duiwel en die antichris
verlei die wêreld (die wat in die duisternis, onwetenheid, onkunde en
sonder God is).
Ek wil ook hierdie wêreld beskryf as 'n toestand waarin alles soos reeds
genoem, saam gevoeg is. Gal. 1:4 "sodat Hy ons
1 Joh 4:3 sê vir ons dat die antichris nou al in die wêreld is en 1
Joh. 2:18 sê dat daar ook baie antichriste bestaan.
In lJoh. 5:19 sê Johannes "Ons weet dat ons uit God is en die hele
wêreld in die mag van die bose lê."
Lees ook in 2Joh. vers 7 van die antichris wat in die wêreld ingekom het
as 'n verleier.
Lees verder in Open. 12:9 en 13:3-8 waar ons sien dat die hele wêreld
agter die dier (draak, Satan) aangeloop en aanbid het.
Lees ook Open. 16:14 en 20:2-3 en 8.
20. Reine (egte, skoon, suiwer) Godsdiens is om
jouself vlekloos te bewaar van die wêreld.
Paulus sê in
Daar word nog dinge vir ons in lKor. 5:9-10 gelys, wat deel uitmaak van hierdie
wêreld.
Paulus skryf aan Timotheus in 1Tim. 5:22 om nie iemand te vinnig te salf - ook
genoem die hande oplê - nie en dat hy ook nie met die sondes van ander
gemeenskap (deel daaraan) moet hê nie, maar dat hy hom rein moet hou.
Jakobus sê in sy brief in Jak. 1:26-27 'n baie belangrike ding, en dit is
dat ons, ons tong in toom moet hou, "As iemand onder julle meen dat hy
godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die
godsdiens van hierdie man is tervergeefs."
Lees ook lJoh. 5:8 en 2Joh. vers 11.
21. Die Apostels is ook uit hierdie
wêreld verkies, hulle was ook deel daarvan RNR hulle is net soos ons
daaruit verkies omdat hulle net soos ons, die woord of getuienis aangeneem en
aanvaar het. Hulle is ook bekeer en wedergebore.
U
Voordat Jesus die apostels gekies het, was daar baie dissipels (leerlinge of
navolgers) gewees. Die gedagte bestaan vandag by baie mense dat die twaalf
apostels die enigste dissipels was, RNR dit was nie so nie.
Ons bekeerdes (wedergeborenes) is vandag ook dissipels van die Here.
In Luk 6:13 sê Lukas "En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels
na Hom geroep en twaalf van hulle uitverkies, wat Hy sy apostels genoem
het;" Waarom apostels? Want dit was die apostoliese leer wat gevolg was.
Soos u weet, Jesus het uit daardie dissipels hierdie twaalf verkies, onthou dat
hierdie dissipels was nie meer deel van die wêreld nie, hulle was
bekeerdes. Maar eienaardig genoeg, daar was 'n duiwel onder hulle.
Jesus sê in Joh. 6:70 aan sy apostels ". . .het Ek nie julle twaalf
uitverkies nie? En een van julle is 'n duiwel." Hierdie teks laat 'n mens
wonder oor waar die hel dan moet wees as dit dan moontlik is dat 'n duiwel in
die liggaam van Christus, die kerk kon gewees het. Want elkeen wat uitverkies
word, behoort tot hierdie liggaam en hierdie liggaam bestaan uit al die mense
wat geestelike mense geword het. Dit laat ons ook wonder hoe vêr die
hemel en hel dan uitmekaar is.
Die vraag wat ons ook
Die apostels is deur hierdie wêreld gehaat, omdat hulle daaruit verkies
was. So vind ons dit in vandag se lewe ook. Die mense wat tot God bekeer is en
wat die wil van God doen, die word deur die wêreld verstoot, gehaat en
bespot, want dit is vir hulle onverstaanbaar. Ek verwys na Joh. 15:16 en l9 en
17:6.
Lees ook Hand. 1:20-24 en 9:15.
22. Christus het ook sy apostels in die wêreld in gestuur net soos
Hyself gestuur is. Soos die apostels en dissipels van daardie tyd, die
wêreld in gestuur was, so word ons ook die wêreld in gestuur om die
Woord te gaan verkondig en om sodoende die verlossingswerk (redding) vir God
daar te gaan doen. Die getuienis word so gedoen want dit is die enigste manier
hoe die koninkryk vir hulle
Ons het reeds oor die wederkoms van die koninkryk in Hoofstuk 13 gesels. Lees
Joh. 17:18; 20:21 en ook lThess 2:13.