Hoofstuk 13

Wederkoms:

U kan ook deur gaan na die Wederkoms wat vir u meer tekse daaroor gee wat aansluiting vind by hierdie onderwerp, deur net op die woord in blou te kliek.

(Terug na Inhoud)

1. Die tekens wat die wederkoms voorafgaan; verwys Matt. 24:3 en Mark. 13:24-32 en veral vers 31 wat lees; "So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur." Maar soos ons ook gelees het dat die koninkryk het naby gekom en dat die koninkryk van God binne-in ons is, maar ons moet dit so verstaan dat die koninkryk nie vir almal gelyk kom nie, daarom dan dat die koninkryk van God in sommiges is en vir ander moet dit nog kom. Die wat wedergebore - aan die liggaam behoort, die kerk - die wat tot God bekeer is, vir hulle was die eerste kom reeds daar deurdat die koninkryk reeds gekom het, vir die ander moet dit nog kom.

2. Ons kan in die skrifte lees dat hierdie tekens waarmee die wederkoms plaasvind, nie natuurlik gesproke of met die natuurlike oog sigbaar is nie; verwys Luk. 17:20-23 - Jesus antwoord die Fariseers "Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. En julle sal nie sê; Kyk hier! of; Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle."

Ons lees in 2Kor. 4:16-18 dat ons nie moed moet opgee nie al vergaan ons uiterlike mens ook, want die innerlike mens word dag na dag vernuwe, ek haal aan. "Want ons ligte verdrukking wat vir 'n oomblik is, bewerk vir ons 'n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid, omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare is tydelik en die onsigbare ewig."

Die onsigbare dinge - geestelike dinge - waarvan ons praat, aanvaar ons deur die geloof en nie deur die sien of aanskouing daarvan nie, so verwys 2Kor. 5:7.

Daarom sê die skrifte ook in 2Kor. 5:16 dat ons nou niemand meer na die vlees ken nie, ook nie Christus nie want ons het Hom so geken maar ken Hom nie meer so nie, want as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel en alles het nuut geword.

Om in Christus te wees is dus nie om eers 'n natuurlike dood te sterwe nie maar om wedergebore - 'n nuwe skepsel - 'n geestelike mens te word.

3. Die wederkoms is wanneer Christus Jesus ge-openbaar word, m.a.w. wanneer Christus Jesus gesien of sigbaar - verstaan - word. Hy kan dus in ons wat wedergebore is gesien word.

Ons glo dat Jesus Christus in ons is, volgens 2Kor. 13:5 -Christus moet 'n gestalte verkry, wat beteken gedaante of vorm, so lees ons in Gal. 4:19.

Daar is ook in Kol. 3:4 geskrywe "Wanneer Christus, wat ons lewe is, ge-openbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid ge-openbaar word." Dit beteken dat die lewe of wyse waarop ons lewe, kan Christus vir ander sigbaar maak en ons sal saam met Christus aan ander sigbaar wees, m.a.w. jy sal soos 'n lig in die duisternis of nag vertoon. Gaan lees ook in Gal 4:19, 1Pet. 1:7 en 13 en ook 1Pet. 4:13 oor die openbaring van Christus.

Die verskyning van Christus sal dus vir ons beteken dat ons nie weer moet sondig nie, Hy het vir ons gesterwe en elkeen wat in Hom bly, sondig nie want in Joh. 3:2-6 is geskrywe - die wat sondig die het Christus nie gesien en ken Christus nie.

Die dag van die Here kom soos 'n dief in die nag, wanneer niemand dit verwag nie. Die dag sal aanbreek soos 'n môrester wat opgaan in ons harte, elkeen afsonderlik - 2Pet. 1:19-21.

Daardie dag toe Jesus aan Johannes in Patmos verskyn het, dit was die dag in Johannes se lewe. So sal daar vir elkeen van ons 'n dag in ons lewe wees wanneer die Here aan ons sal verskyn, "aan ons" word bedoel, aan die vir wie die koninkryk nog nie gekom het nie.

4. Die Here wil nie hê dat ons verlore moet gaan, of vergaan nie maar die Here wil hê dat ons almal tot bekering moet kom, want die tye van die wederoprigting van alle dinge sal wees wanneer ons tot bekering kom en dan aan 'n nuwe aarde en Hemele deelagtig word.

Die volgende staan in 2Kor. 5:17 "Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword." Om 'n nuwe skepsel te word is om wedergebore te word (Hoofstuk 1) en ook om die bekering te onder gaan (Hoofstuk 2). Ons het ook in Hoofstuk 8 reeds bespreek, wat en hoe dit is om in Christus te wees. Wanneer al hierdie dinge in ons lewe plaasgevind het, dan is ons 'n nuwe skepsel en die ou dinge is verby en 'n nuwe lewe word dan vir ons gegee.

Gaan lees ook in Open. 21:1-5 meer oor die nuwe hemel en die nuwe aarde.

5. Ons wat die wedergeboorte deelagtig geword het en deel het aan die nuwe lewe en dinge, vir ons het Christus gekom, so het Jesus voordat Hy gekruisig is aan Sy dissipels gesê. Matt. 16:28 "Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommiges van die wat hier staan wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in Sy koninkryk sien kom het nie." M.a.w. dat sommiges van die wat na Jesus op daardie tyd gestaan en luister het, ook die nuwe lewe - die wedergeboorte - deelagtig sal word voordat hulle die natuurlike dood sal sterf, dus die wederkoms van Christus sal en het ook in hulle tyd plaasgevind.

6. Die tyd van die wederkoms:

- is op 'n uur wanneer niemand dit verwag en ook nie weet nie. Verwys na paragraaf 1 & 3.
- kom soos 'n dief in die nag. Verwys paragraaf 3.
- is wanneer die bekering van die mens tot God geskied.

- is wanneer Christus in die lewe van die gelowige sigbaar en ge-openbaar word.

7. Dan is daar nog ‘n Wederkoms:

Hierdie Wederkoms moet nie verwar word met die 1ste koms nie, omdat die Afrikaanse taal, ‘n baie moeilike taal is, gebruik die Afrikaans sprekendes soms woorde wat nogal verwarrend is, Daarom is dit nodig om sommige tekse ook in die Engelse Bybel weergawes te vergelyk. So ook die woord Wederkoms. Die woord wederkoms beteken ook “weer verskyn”, dus met die 1ste verskyning is dit wanneer ek die 1ste keer die lig sien – begin verstaan – waaroor die geestelike en evangelie van Christus gaan. Daarna kan daar dikwels ‘n verskyning in my lewe plaasvind omdat ek nie die Bybel – evangelie – met eens alles verstaan nie, maar deur middel van onderrig en broodbreek kom baie gedeeltes tot my verstaanbaarheid – aan die lig kom.

Die laaste verskyning – Wederkoms – is wanneer ek die natuurlike dood deelagtig word en my siel dan voor die regterstoel beland. Indien ek my geestelike lewe in Christus deurgebring het, m.a.w. my leefwyse was geleef in en deur Christus, word my siel deur God in ontvangs geneem. Daarna is daar nie meer ‘n koms in my lewe nie, dit is finaal.

Die volgende tekse is baie belangrik by hierdie geval:

1 Tessalonisens 2:19 Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms?

1 Tessalonisens 3:13  sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.

1 Tessalonisens 4:15  Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.

1 Tessalonisens 5:23 ¶ En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!

2 Tessalonisens 2:1 ¶ Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,

2 Tessalonisens 2:8  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

Jakobus 5:7 Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het.

Jakobus 5:8 Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.

2 Petrus 3:4 en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af.

1 Johannes 2:28 ¶ En nou, my kinders, bly in Hom, sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn en nie beskaamd van Hom weggaan by sy wederkoms nie. Hier kan ons gerus die gelykenis van die “10 Maagde” ingedagte hou.

Mat 25:1-13

1 ¶ Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.

2  En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas.

3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie.

4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.

5 En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.

6 En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!

7 Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed.

8 En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.

9 Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself.

10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.

11 Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop!

12 Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie.

13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.

U sal merk dat almal maagdelik was, m.a.w. rein en gewas deur die bloed van Christus, maar dat die dwaase nie genoeg olie gehad het teen die einde nie, wat beteken dat hulle geen ekstra werke gedoen het nie, hulle het moontlik gedink dat die teenwoordigheid by al die aktiwiteite van die liggaam, die kerk, genoeg is maar het dalk vergeet dat hul totale leefwyse die beeld van God moes openbaar sodat hulle die ekstra olie daardeur kon verkry. Ons weet dat die olie simboliseer die Heilige Gees, kan ons net sien dat iemand olie in hom het wanneer hy in die werke van God leef.

Daarom dan is dit noodsaaklik dat ek sal Onthou dat “hierdie uur van wederkoms” nie aan my bekend is nie maar dat dit baie naby is, want dit kan enige oomblik in my lewe gebeur. IS EK DAN GEREED?

 

(Terug na Bo)