Heilige Gees / Asem / Wind

(Terug na Inhoud)



1. Deur die Heilige Gees sal die gelowiges die gawe van gesigte, profesie en drome hê. Joël 2:28;Ook Hand.2:17-18; Hand.11:28; Hand.16:9; Hand.21:11; Heb.3:7 ; Heb.9:8 en Heb.10:15

2. Die Heilige Gees word ontvang deur gedoop te word met die Heilige Gees en vuur. Mat.3:11; Ook Mark.1:8; Luk.3:16; Joh.1:33; Hand.1:5 en 1Kor.12:13

4. Die doop met die Heilige Gees is die doop van Christus. Ook. Joh.20:22; Hand.1:8 en Hand.11:16

5. Dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek. Mat.10:20

6. Die doop met die Heilige Gees en vuur is aan die Apostels toevertrou. Mat.28:18-20; Joh.17:18 en 20; Joh.20:21-23; Hand.8:15-18; Hand.9:17; Hand.11:16 en Hand.19:6.

7. Wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie Mark.3:29

8. Dawid het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek. Sit aan My regterhand totdat Ek u vyand gemaak het >n voetstuk van u voete Mark.12:36

9. Johannes sê, ek doop julle wel met water, maar Hy wie kom sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.Luk.3:16

10. Jesus gedoop, en toe bid Hy en die hemel het oopgegaan en die Heilige Gees het op hom neergedaal in die vorm van 'n duif. Luk.3:22

11. Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit die water en gees nie, kan hy nie die koninkryk ingaan nie. Wat uit die vlees gebore is, is vlees, en wat uit die Gees gebore is, is Gees Joh.3:5-6

12. En dit het Hy gesê van die Gees wat die sou ontvang, wat in Hom glo, want die Heilige Gees was daar nog nieJoh.7:39

13. En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee, om by julle te bly tot in ewigheid. Die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie, maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees Joh.14:16-17

14. Die wêreld kan die Heilge Gees nie ontvang nie.

15. Die Heilige Gees kom in die Naam van Jesus Christus. Joh.14:26

16. Die Heilige Gees is die Gees van Waarheid. Joh.15:26; Ook Joh.16:13 en 1Joh.5:6.

17. Die Heilige Gees is die Gees van vertroosting. Joh.16:7; Hand.9:31

18. Die trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek julle gesê het. Joh.14:26

19. Jesus sê, dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan, want as Ek nie weggaan nie, sal die Troosternie na julle kom nie, maar as Ek weggaan sal Ek hom na julle stuur. Joh.16:7

20. Die Heilige Gees sal die toekomstige dinge aan julle verkondig. Joh.16:13

21. Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuienis wees, in Jerusalem, die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde. Hand.1:8

22. Die uitstorting van die Heilige Gees op die Apostels in die vorm van tonge van vuur. Hand.2:3

23.. En die laaste dae spreek God, sal Ek van My Gees uitstort op alle vlees en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien en julle ou mense sal drome droom. En ook op My diensknegte en diensmaagde sal Ek in die dae van My Gees uitstort en hulle sal profeteer.Hand.2:17-18

24. Petrus sê vir hulle, bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Hand.2:38

25. Julle hardnekkiges en onbesnedenis van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees, net soos julle vaders, net so ook julle Hand.7:51

26. Die Heilge Gees was aan ander deur die handoplegging van die Apostels bedien. Hand.8:15-19;Hand.19:2-6 en Heb.6:2.

27. Die Heilige Gees het ook op die bekeerde heidene gekom. Ook Hand.10:43; Hand.15:7-8 en Hand.19:6.

28. God het Jesus van Nasaret gesalf met die Heilige Gees en met krag. Hand.10:38

29. Paulus vra aan die dissipels of hulle die Heilige Gees ontvang het, en hulle antwoord:- Ons het nie eers gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie Hand.19:2

30. Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julle self behoort nie. Rom.6:19

31. Julle is egter nie in die vlees nie, maar in die gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand dieGees van Christus nie het nie, die behoort nie aan Hom nie Rom.8:9

32. Die Heilige Gees woon in die Tempel, wat die gemeente is. Rom.5:5; Ook Rom.8:9; 1Kor.3:16-17; 1Kor.6:19; 2Kor.1:22; Efese 2:21; Efese 4:30; 2Tim.1:14; Heb.6:4 en 1Joh.2:20 en 27.

30 Die gelowiges word met die Heilige Gees verseël. 2Kor.1:21-22; Ook Efese 1:13; Efese 4:30 en Open.7:3-4.

33. Die salwing van die Heilige Gees. 1Joh.2:20 en 27

34. Die gelowiges het gemeenskap met die Heilige Gees. 2Kor.13:13; Ook Filip.2:1

35. In wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van jul redding, gehoor het, in wie julle nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte. Efese 1-13

36. En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.Efese 1:30

37. Na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing van die Heilige Gees Titus 3:5

38. Die Heilige Gees is die Gees van genade. Heb.10:29; Sag.12:10

39. Want daar is drie wat getuig in die hemel: Die Vader, die Woord (Christus) en die Heilige Gees; en hierdie drie is een. En daar is drie wat getuig op die aarde: Die Gees en die Water en die Bloed en die dire is eenstemmig. 1Joh.5:7-8

40. Die engel het gesê moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhooftde verseël het nie. Open.7:3

41. En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat nie die seël van God op hulle voorhoofde het nie.Open.9:4

Ou Testament

*Genesis 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword.

*Genesis 7:22 Alles wat die asem van die lewensgees in sy neusgate gehad het, alles wat op die droë grond was, het doodgegaan.

*Genesis 8:1 & En God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het 'n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.

*Genesis 25:8 Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel.

*Genesis 35:29 En Isak het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is by sy volksgenote versamel, oud en afgeleef. En sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.

*Genesis 49:33 Toe Jakob klaar sy bevele aan sy seuns gegee het, trek hy sy voete terug op die bed en blaas die asem uit; en hy is by sy volksgenote versamel.

*Eksodus 15:10 U het met u asem geblaas: die see het hulle oordek; soos lood het hulle gesink in die geweldige waters.

*Numeri 11:31 & Toe het 'n wind wat van die HERE kom, uitgevaar en kwartels van die see af oorgedrywe en op die laer gestrooi omtrent 'n dagreis hier en omtrent 'n dagreis daar, rondom die laer; en hulle was omtrent twee el bokant die grond.

*Deuteronomium 20:16 Maar van die stede van hierdie volke wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie.

*2 Samuel 22:11 En Hy het op 'n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het verskyn op die vlerke van die wind.

*2 Samuel 22:16 En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van die HERE, vanweë die geblaas van die wind van sy neus.

*1 Konings 17:17 & Ná hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie.

*1 Konings 19:11 En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die HERE. En kyk, die HERE het verbygegaan, terwyl 'n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die HERE uit; in die wind was die HERE nie. En ná die wind 'n aardbewing; in die aardbewing was die HERE nie.

*Job 3:11 & Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?

*Job 4:9 Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.

*Job 8:2 Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees?

*Job 11:20 Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is--uitblasing van die laaste asem.

*Job 14:10 Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en--waar is hy?

*Job 19:17 My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot.

*Job 26:13 Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.

*Job 27:3 want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus--

*Job 27:5 Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie.

*Job 29:18 & So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, en soos die feniks my dae vermenigvuldig.

*Job 30:22 U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis.

*Job 32:8 Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.

*Job 33:4 Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend.

*Job 34:14 As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,

*Job 34:15 dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.

*Job 36:12 Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.

*Job 37:10 Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.

*Job 37:21 & En nou, 'n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.

*Job 41:21 (41:12) Sy asem laat kole ontvlam, en 'n vlam gaan uit sy mond.

*Psalms 11:6 Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.

*Psalms 18:10 (18:11) En Hy het op 'n gérub gery en gevlieg; ja, Hy het gesweef op die vleuels van die wind.

*Psalms 18:15 (18:16) En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus.

*Psalms 78:39 En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was, 'n wind wat weggaan en nie terugkom nie.

*Psalms 83:13 (83:14) My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind.

*Psalms 103:16 As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.

*Psalms 104:3 wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,

*Psalms 104:29 U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.

*Psalms 135:17 ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie.

*Psalms 147:18 Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai--die waters loop.

*Psalms 150:6 Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja!

*Spreuke 21:6 & Die verwerwing van skatte deur 'n valse tong is 'n verwaaide asem--dodelike valstrikke.

*Prediker 3:19 Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en 'n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs.

*Prediker 3:21 Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde?

*Hooglied 7:8 Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die geur van u asem soos dié van appels,

*Jesaja 2:22 Laat staan tog die mens wie se asem in sy neus is; want hoe min is hy werd!

*Jesaja 11:4 maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.

*Jesaja 11:15 En die HERE sal die seetong van Egipte met die banvloek tref en deur sy gloeiende wind sy hand oor die Eufraat swaai en dit uitmekaar slaan in sewe strome, sodat 'n mens met skoene daardeur kan loop.

*Jesaja 29:6 Vanweë die HERE van die leërskare sal jy in genade besoek word, met donder en aardbewing en groot gedruis, wind en storm en die vlam van 'n verterende vuur.

*Jesaja 30:28 en sy asem soos 'n oorlopende stroom wat tot by die nek kom--om nasies te sif met 'n sif van vernietiging; en 'n toom wat verkeerd stuur, is in die kakebene van die volke.

*Jesaja 30:33 Want 'n Tofet is van gister af gereedgemaak, ook is dit vir die koning berei; diep en wyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die asem van die HERE is soos 'n stroom van swawel wat dit aan die brand steek.

*Jesaja 40:7 Die gras verdor, die blom verwelk as die asem van die HERE daarin blaas. Voorwaar, die volk is gras!

*Jesaja 42:5 & So sê God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel:

*Jesaja 59:19 En hulle sal die Naam van die Here vrees van die westekant af, en sy heerlikheid van die opgang van die son af; want Hy sal kom soos 'n saamgeperste stroom wat die asem van die HERE aandrywe.

*Jesaja 63:11 Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?

*Jeremia 4:11 In dié tyd sal aan hierdie volk en aan Jerusalem gesê word: 'n Gloeiende wind van die kaal heuwels in die woestyn op pad na die dogter van my volk, nie om te wan of te suiwer nie!

*Jeremia 4:12 'n Wind te sterk vir hierdie dinge sal vir My kom; nou sal Ek ook oordele teen hulle uitspreek.

*Jeremia 4:31 Want ek het gehoor 'n stem soos van een wat inmekaar krimp, 'n benoudheid soos van een wat die eerste keer baar, die stem van die dogter van Sion; sy hyg na asem, sy brei haar hande uit en sê: Wee my tog, want my siel is magteloos teenoor die moordenaars.

*Jeremia 51:16 as Hy sy stem laat hoor, is daar 'n geruis van waters in die hemel; en Hy laat dampe opgaan van die einde van die aarde; Hy maak bliksems vir die reën en laat die wind uitgaan uit sy voorraadskure.

*Hosea 4:19 Die wind bind hulle in sy vleuels, sodat hulle oor hul offers beskaamd sal staan.

*Hosea 13:15 Wanneer hy vrug dra onder die broers, kom 'n oostewind, 'n wind van die HERE, wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Dié sal 'n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof.

*Amos 4:13 Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, HERE, God van die leërskare, is sy Naam!

*Jona 1:4 & Maar die HERE het 'n sterk wind op die see gewerp, en toe daar 'n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly.

*Miga 2:11 As iemand wind nawandel en bedrieglik lieg en sê: Ek sal vir jou profeteer by wyn en sterk drank--dan sou hy vir hierdie volk 'n profeet wees!

*Klaagliedere 4:20 Resj. Die asem van ons neus, die gesalfde van die HERE, is in hulle kuile gevang, hy onder wie se skaduwee ons gedink het om te lewe onder die nasies.

Nuwe Testament

*Matteus 1:18 & Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.

*Matteus 1:20 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uitdie Heilige Gees;

*Matteus 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

*Matteus 12:32 En elkeen wat 'n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.

*Matteus 14:24 En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.

*Matteus 14:30 Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!

*Matteus 14:32 Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.

*Matteus 28:19 Gaan dan heen, maak disipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

*Markus 1:8 Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.

*Markus 4:39 En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het 'n groot stilte gekom.

*Markus 4:41 En 'n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is!

*Markus 15:37 Maar Jesus het met 'n groot stem geroep en die laaste asem uitgeblaas.

*Markus 15:39 En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy was die Seun van God.

*Markus 3:29 maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel--

*Markus 12:36 Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.

*Markus 13:11 En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.

*Lukas 1:15 want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

*Lukas 1:35 En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.

*Lukas 1:41 En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees

*Lukas 1:67 & En Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:

*Lukas 2:25 & En daar was 'n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom.

*Lukas 2:26 En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.

*Lukas 3:16 antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie--Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

*Lukas 3:22 en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos 'n duif op Hom neergedaal; en 'n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek 'n welbehae.

*Lukas 4:1 & En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei,

*Lukas 11:13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

*Lukas 12:10 En elkeen wat 'n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie.

*Lukas 12:12 want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.

*Lukas 23:46 En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.

*Johannes 1:33 En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.

*Johannes 3:8 Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

*Johannes 6:18 En die see was onstuimig, omdat 'n sterk wind gewaai het.

*Johannes 7:39 En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

*Johannes 14:26 maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

*Johannes 20:22 En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.

*Handelinge 1:2 tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;

*Handelinge 1:5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

*Handelinge 1:8 maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

*Handelinge 1:16 Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;

*Handelinge 2:4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

*Handelinge 2:33 Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.

*Handelinge 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

*Handelinge 4:31 En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

*Handelinge 5:3 Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?

*Handelinge 5:32 En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.

*Handelinge 6:3 Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;

*Handelinge 6:5 En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, 'n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, 'n Jodegenoot uit Antiochíë,

*Handelinge 7:51 & Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.

*Handelinge 7:55 Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

*Handelinge 8:15 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,

*Handelinge 8:17 Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.

*Handelinge 8:18 En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied

*Handelinge 8:19 en gesê: Gee aan my ook hierdie mag, sodat elkeen wat ek die hande oplê, die Heilige Gees kan ontvang.

*Handelinge 9:17 En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.

*Handelinge 9:31 En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.

*Handelinge 10:38 met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.

*Handelinge 10:44 & En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.

*Handelinge 10:45 En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.

*Handelinge 10:47 Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?

*Handelinge 11:15 En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin.

*Handelinge 11:16 En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.

*Handelinge 11:24 want hy was 'n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en 'n aansienlike skare is aan die Here toegebring.

*Handelinge 11:28 En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar 'n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius.

*Handelinge 13:2 En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.

*Handelinge 13:4 & So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.

*Handelinge 13:9 Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:

*Handelinge 13:52 En die disipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.

*Handelinge 15:8 En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.

*Handelinge 15:28 Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:

*Handelinge 19:2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie.

*Handelinge 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

*Handelinge 20:23 behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.

*Handelinge 20:28 Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.

*Handelinge 21:11 En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.

*Handelinge 27:7 En verskeie dae het ons langsaam gevaar en met moeite teenoor Cnidus gekom; en omdat die wind ons nie toegelaat het nie, onderkant Kreta langs gevaar, teenoor Salmóne.

*Handelinge 28:25 En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek

*Romeine 5:5 en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

*Romeine 9:1 & Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees

*Romeine 14:17 Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

*Romeine 15:13 & En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

*Romeine 15:16 om 'n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, 'n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.

*1 Korintiërs 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

*1 Korintiërs 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

*1 Korintiërs 12:3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus 'n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

*2 Korintiërs 6:6 in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;

*2 Korintiërs 13:14 (<13>) Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.

*Efesiërs 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

*Efesiërs 4:14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;

*Efesiërs 4:30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

*1 Tessalonisens 1:5 Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.

*1 Tessalonisens 1:6 & En julle het navolgers van ons geword en van die Here deurdat julle die woord in baie verdrukking ontvang het met die blydskap van die Heilige Gees,

*1 Tessalonisens 4:8 Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.

*2 Timoteus 1:14 Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon.

*Titus 3:5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

*Hebreërs 2:4 terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?

*Hebreërs 3:7 & Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,

*Hebreërs 6:4 Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,

*Hebreërs 9:8 & waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie.

*Hebreërs 10:15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis;

*1 Petrus 1:12 Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is--dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

*2 Petrus 1:21 want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

*1 Johannes 5:7 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

*Jakobus 1:6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.

*Judas 1:20 Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid

*2 Tessalonisens 2:8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

*Openbaring 7:1 & En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.


(Terug na Bo)