Geestelike Dinge
(Terug na Inhoud)
1 Die wat die Gees van God nie het nie, bedink nie die geestelike dinge nie. Rom 8:5; 1Kor 2:14; 2Kor 10:12; Gal 5:19, 22;
Kol 1:9.
2 Die wat die Gees van God het, vergelyk geestelike dinge met geestelike. 1kor 2:13-14; 2Kor 4:16-18; 5:7.
3 Die geestelike dinge is die verborgenhede van die evangelie. Rom 16:25-26; Ef 1:9; 3;3-4. 9; Kol 1:26-27; 4:3-4.
4 Hierdie verbogenhede is aan die heiliges geopenbaar. Mat 11:25; 13:13, 15-17, 51; Mark 4:11; Luk 8:10; 10:21.
5 Diegene wat die dinge van die Gees op natuurlike wyse verstaan, gaan daardeur te gronde. 1Kor 2:14; 2Kor 3:14; 4:3-4; 2pet 2:12-14; Judas vers 10.
6 Die geestelike dinge is verborge vir die wat die evangelie nie verstaan nie. Mat 11:25; 1kor 1:18-31; 2kor 3;14; 4:3-4; 1Pet 1:12.
7 Voorbeelde van geestelike dinge:
8. die geestelike dood is om:
Ou Testament
*Jeremia 2:13 Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir
hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.(Geestelike drank - water)
*Sagaria 8:3 So sê die HERE: Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die HERE van die leërskare: Die heilige berg. (Geestelike berg)
*Sagaria 14:8 & En in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die
ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees. (Geestelike drank - water)
*Psalms 125:1 & 'n Bedevaartslied. Die wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid. (Geestelike berg)
*Psalms 129:5 & Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat. (Geestelike berg)
Nuwe Testament
*Matteus 8:22 Maar Jesus sê vir hom: Volg My, en laat die dooies hul eie dooies begrawe.(Geestelike dood)
*Matteus 11:25 & In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.
*Matteus 13:52 Toe sê Hy vir hulle: Daarom is elke skrifgeleerde wat 'n leerling geword het in die koninkryk van die hemele, soos 'n huisheer wat uit sy skat nuwe en ou dinge te voorskyn bring.
*Markus 14:58 Ons het Hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek en in drie dae 'n ander een
opbou wat nie met hande gemaak is nie. (Geestelike woning)
* Lukas 9:60 En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God. (Geestelike dood)
*Lukas 17:20-21
20 En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.
21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
*Johannes 3:3-7
3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie. (Geestelike geboorte)
*Johannes 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
*Johannes 4:10 Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het. (Geestelike drank - water)
*Johannes 4:14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
*Johannes 6:26 Jesus antwoord hulle en sê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, julle soek My nie omdat julle tekens gesien het nie, maar omdat julle van die brode geëet en versadig geword het.(Geestelike brood)
*Johannes 6:27 Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël. (Geestelike spys) en (Geestelike brood)
*Johannes 6:31-35
31 Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet.
32 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het
nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.
*Romeine 15:27 Hulle het dit goedgevind, sê ek, en hulle is ook hul skuldenaars; want as die heidene deel gekry het aan
hulle geestelike voorregte, is hulle ook verskuldig om hulle met stoflike goedere te dien.
*1 Korintiërs 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
*1 Korintiërs 2:15 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.
*1 Korintiërs 3:1 & En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.
*1 Korintiërs 9:11 As ons vir julle die geestelike gesaai het, is dit 'n groot saak as ons julle stoflike goed maai?
*1 Korintiërs 10:3 en almal dieselfde geestelike spys geëet het,
*1 Korintiërs 10:4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.
*1 Korintiërs 12:1 & En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.
*1 Korintiërs 14:1 & Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.
*1 Korintiërs 14:12 So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente.
*1 Korintiërs 14:37 As iemand meen dat hy 'n profeet of 'n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.
*1 Korintiërs 15:44 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.
*1 Korintiërs 15:46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
*Efesiërs 1:3 & Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
*Efesiërs 5:19 Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer
van die Here,
*Kolossense 1:9 & Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig,
*Kolossense 3:16 Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en
lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
*Romeine 1:11 want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word;
*Romeine 8:5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
*1 Petrus 2:5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike
offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.