Erfenis:
Vanuit die Evangelies-Gereformeerde Bybelkollege se webwerf: http://www.skybusiness.com/egkollege/
Onder die Hoof "Gratis vir u"
Liewe geroepene
Seëngroete in die lieflike Naam van Jesus.
Graag wil ek saam met u kyk na die erfenis wat ons in Christus ontvang het. Hierdie erfenis, van wie ek in Christus Jesus is, is ons beskutting wanneer ons uittrek vir ''n geveg of wanneer ons aangeval word.
Ek wil u graag na ''n aantal van hierdie Skrifwaarhede neem.
Ek is 'n kind van God en God is my Vader (Rom 8: 14) omdat God my Vader is
beteken dit dat ek Hom en Sy Seun Christus ken en dit is die ewige lewe (Joh
17:3-4), ek het God as Vader en die Seun omdat ek in die leer van Christus bly
(2Joh1:9), so staan ek nie meer onder veroordeling nie, want my sonde is
afgewas en ek is in Christus Jesus (Rom 8: 1).
Ek is 'n nuwe mens, die ou dinge het verbygegaan (2 Kor 5: 17).
Ek is 'n nuwe persoon wat na die beeld van God geskep is (Ef 4: 24) daarom
het ek ook deel daaraan om volmaak te
Omdat ek 'n kind van God is word ek deur God bewaar en die duiwel kry geen
houvas op my nie (1 Joh 5: 18).
Groter is Hy wat in my is as die duiwel wat in die wêreld is (1 Joh 4: 4).
As kind van God kan ek die sondige wêreld oorwin (1 Joh 5: 4) en die wat oorwin sal gegee word om te eet van die boom van die lewe wat binnein die Paradys van God staan (Open 2:7).
Ek is nie meer 'n slaaf van sonde nie, maar 'n slaaf van God wat die wil van God doen (Rom 6: 18).
My naam is in die boek van die lewe opgeskryf (Open 20:12) en het deel aan die nuwe hemel en die heilige stad, die nuwe Jerusalem (Open 21:2) want ek het oorwin en is 'n pilaar in die tempel van God (Open 3:12).
Ek is 'n vyand van die duiwel (1 Pet 5: 8).
As kind van God sal ek met die wederkoms van Christus Hom sien soos Hy
werklik is en sal ek soos Hy wees (1 Joh 3: 2).
Ek is deel van en ingeplant in die Ware Wynstok, 'n kanaal waardeur die lewe
van Christus vloei (Joh 15: 1+5).
Deur Christus is ek uitgekies en aangestel om geestelike vrug te dra, wat sal bly (Joh 15: 16).
Ek is 'n gevangene in diens van Christus. (Ef 3: 1)
Christus is my lewe (Kol 3: 4) en ek het 'n ewige erfenis ontvang wat in die hemel vir my bewaar word as 'n onverwelklike, onbesmette en onverderflike erfenis (1 Pet I; 4).
Ja, ek is 'n lewende steen, opgebou tot 'n geestelike huis in Christus, 'n
heilige priesterdom om geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir
God welgevallig is (1Pet 2: 5).
Ek is 'n vriend van Christus (Joh 15: 1), 'n ledemaat in die liggaam van
Christus (1 Kor 12: 27), mede -erfgenaam saam met Christus en daarom deel ek
saam met Hom in die volheid van die erfenis (Rom 8: 17).
Ek is in Christus, in sy dood gedoop (Rom 6:3) en is met Christus beklee (Gal 3:27). Ek is beklee met die blink kleed wat in die bloed van die Lam gewas is (Open 19:8 en 13 en Open 7:9-17) en het nie meer honger en dors nie.
Ek sit saam met Jesus Christus in die hemel aan die regterhand van die Vader
bo alle owerheid en mag en gesag en heerskappy en elke naam wat in hierdie eeu,
maar ook in die toekomstige eeu genoem word(Ef 2: 6, Ef 1: 20 + 21), ja ek het
deel gehad aan Sy opstanding (Kol 3:1-3) want ek het ontwaak en opgestaan uit
die dood (Ef 5:14; 2:1 en 5-6 asook 2Kor 5:17).
Ek is die handewerk van God, wedergebore in Christus Jesus deur die Heilige
Gees om goeie werke te doen (Ef 2: 10), 'n medeburger van die koninkryk van God
en 'n lid van Sy huisgesin (Ef 2: 19).
Versoen met God en 'n medewerker in die bediening van versoening (2Kor 5: 18).
Ek is deel van 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat ons uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig, die lig van die wêreld (Mat 5:14) want ek het van die Gees van God ontvang, God wat die son van geregtigheid is (Mal 4:2 en Ps 84:11 asook Ps 36:3) en ek na die beeld van God geskape is kan ek ook soos Maria sê: (Luk 1:46) my siel maak die Here groot want ek is 'n weerkaatser van die lig van God net soos die maan en sterre die weerkaatsers is van die son wanneer dit duisternis en donker is en maak daardeur die son groot in die duisternis daarom is ek ook deel van die volk van God . God het aan my barmhartigheid bewys en ek is 'n vreemdeling en bywoner in hierdie wêreld (1Pet 2: 9, 10+11).
Deur God is ek afgesonder en deelgenoot van 'n hemelse roeping (Heb 3: 1).
Ja, ek is deel van die uitverkore volk van God vir wie Hy baie lief is. (Kol
3: 12).
Ek is een met die Here en een gees met Hom (1Kor 6: 17), 'n tempel, die
woonplek van God. Sy Gees woon in my (1Kor 3: 16) en ek het die ewige lewe (Rom
6: 23).
Aan my is gegee om die verborgenhede van die koninkryk te ken (Luk 7:10-15). Die woord van God is aan my toevertrou (Rom 3:2)
Ek is verseël met die Heilige Gees en is met die doop met die Heilige Gees gedoop (Mat 28:19 en Joh 6:27).
Ek is dan ook 'n dienskneg van God en dra die merk van God op my voorhoof, die seël (Open 7:3-9; Ef 1:13; Open 9:4 en 2Kor 1:22)
Daar is nog baie meer, maar ek wil u aanmoedig om hierdie waarhede te
oordink, daaroor te bid en mag dit u bemoedig en aanspoor om te volhard.
In Sy Diens
Deur: Etha Pretorius met byvoegings.
AKSIE 1:8