Doop (Opklaring)

 (Terug na Inhoudsopgawe)

 God gee vir ons as sy gelowiges, sy kinders, die wedergeborenes wat Sy verbond aangeneem het, die opdrag om te gaan doop in die drie eenheid. Maar hierdie saak is nie so eenvoudig nie.

 Kom ons begin deur eers na die volgende tekse te kyk:

 1Kor 2:13 en 14

"13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Vers 14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word."

Mark 4:11-12

"En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, vers 12  sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie."

 Ontleding: Dit word nou vir jou duidelik waarom die verborgenhede van die koninkryk van God nie aan ons in die begin bekend was nie. Ons was buite die koninkryk en was 'n natuurlike denkende en het ook 'n natuurlike sienswyse gehad.

 Nou gaan ons 'n bietjie gesels oor die Sakrament van die doop vir grootmense en kinders. Sodra ons gesels oor die doop van Johannes en die doop van die Heilige Gees, sal jy 'n beter begrip kry van die wedergeboorte.

 Doop behels twee soortige dope

 a.        Sakrament

b.         Die Ware Doop

 Vraag: Wat sal jy sê is die sakrament? Hier is 'n definisie: 'n Sakrament is die sigbare teken deur Christus ingestel om die mens Sy belofte van genade te waarborg en om die mens dit beter te laat verstaan en te onderhou.

Kom ons ontleed die woordjie “DOOP”.

Betekenis: Die woord "Baptize" is vertaal uit die oorspronklike Nuwe Testament in Grieks vanaf die woord"Baptizo" of "Bapto" wat beteken om 'n sekere gebruik te verrig en word omskryf as afwassing, reiniging, sprinkel, gieting d.m.v. water.

 Doop word gekoppel aan:

 a.      Water

b.       Doop van Johannes

c.       Die wassing met water

d.       Ander dope

e.       Die doop van kinders

f.        Doop met die Heilige Gees

 

a.        Water:

Ons het by 'n vorige geleentheid reeds gesien dat water, woorde en die evangelie is.

Spr 18:4 en Joh 7:38

 

*    Spr 18:4 "Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid."

*    Joh 7:38 "Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei."

 

b.       Die doop van Johannes:

 Ek wil eers 'n bietjie stilstaan by die betekenis van die doop vir die Isrealiete van ouds.

*    Doop is 'n uitwendige teken van 'n inwendige vernuwing.

*    Doop is ook die wassing of reiniging met water.

 

            1.  Jes 1:16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,

            2.  2Kon 5:10 Toe stuur Elísa 'n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees.

            3.  Sag 13:1 In dié dag sal daar 'n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid.

 

         Hierdie tekse bewys dat die hele volk van ouds 'n behoefte gehad het tot reinigging van sedelike besmetting. Dit bewys dat die doop as wassing dus 'n teken van suiwering was, m.a.w. tot vergewing van sonde.

 Die doel van die Johannes doop:

 Dit was en is 'n voorbereiding op die koms van die Here.

*    Mal 4:5 "Vers 5  Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek. Vers 6  En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie."

*    Mal 3:1 "Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle 'n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare."

*    Mat 11:13 "Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer. Vers 14  En as julle dit wil aanneem: hy is Elía wat sou kom. "

 Die doop van Johannes was en is dus 'n voorbereiding op die koms van die Here en uit bogenoemde tekse het ons gesien dat Johannes die Elia was volgens God se belofte.

 Aard van die Johannesdoop:

1.       Dit is 'n doop van bekering tot vergifnis van sonde.

2.       Johannes se prediking was gewortel in die Ou Testament. Hy het net die Ou Testament gehad vir sy prediking.

3.       Verder verwys sy doop na die vervulling van die profetiese hoop deur die daarstelling van wat genoem kan word 'n Nuwe Exodes (uittig) om skeiding te maak tussen die Ware Israel en die Jodedom.

4.       Johannes het sy onwaardigheid erken volgens Joh 1:26-27 en 33. "Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie-- vers 27  dit is Hy wat my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie. Vers En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop."

 Ontleding: Nou kan ons sien dat God se doel was dat ons gedoop moet word met die Heilige Gees en vuur en dat die waterdoop van Johannes slegs dien as:

 *    Inleiding tot die genade verbond deur Christus.

*    Oorgang, m.a.w. is vervang met die doop van die Heilige Gees en vuur (Waterdoop het dus tot 'n einde gekom).

 Nou kan ons vra; waarom het Jesus toegelaat dat Johannes Hom doop?

Antwoord: Hand 10:38  "vers 37 Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af begin het, die doop wat Johannes gepreek het, vers 38  met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was."

Mark 1:11  "En daar het 'n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het."

*    Om die skrifte te vervul

*    Inseën van die Messiaskap

*    Aanstelling tot die Messiasamp

 

Dit bewys ook dat:

*    Jesus se erkenning van die Johannesdoop m.a.w. die reiniging met water.

*    Dat Jesus homself gelyk gestel het aan alle sondaars in hulle behoefte tot reiniging.

*    Om hulle aanspreeklikheid op Hom te neem.

 

Hoekom het Jesus toegelaat dat Sy dissipels die Johannes doop verkondig?

 1.       Sy dissipels het nog nie die Heilige Gees ontvang nie.

2.       As erkenning van die doop van bekering terwille van die mense wat vêr gereis het en nie getwyfel het dat die Messias in hulle midde is nie.

3.       Jesus het self nie gedoop nie. Joh 3:22  Hierna het Jesus en sy dissipels na die land van Judéa gegaan, en Hy het daar met hulle vertoef en gedoop.

Joh 4:1-3 "Vers 1 Toe die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes--vers 2  alhoewel Jesus self nie gedoop het nie, maar sy dissipels-- vers 3 het Hy Judéa verlaat en weer na Galiléa gegaan."

 Hiermee kan ons dan nou die Doop van Johannes voorlopig afsluit deur te lees in Hand 19:1-6"En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind vers 2  en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie. Vers 3  En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes. Vers 4 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat hom kom, dit is in Christus Jesus. Vers 5  En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. Vers 6  En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer. Vers 7  En altesaam was hulle omtrent twaalf manne."

 Hieruit kan ons sien dat ons nie die Heilige Gees kan ontvang deur die Johannesdoop nie maar dat ons met die doop van Jesus Christus gedoop moet word,

 Die doop van Jesus Christus is:

 

  • Nie waterdoop nie.
  • Doop in die Naam van God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees
  • Doop met die Heilige Gees en Vuur, daarom het Jesus self ook nie gedoop nie.

Kom ons kyk in die Bybel waar God die opdrag uitgegee het en ons lees Mat 28:19 "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; (dire eenheid) en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het."

 In hierdie proses gebeur daar ook 'n paar ander dinge of take. Mark 16:15-16 "Vers 15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Vers 16 hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word".

 

Doop beteken 3 dinge:

 1.      Doop is 'n Heilige teken en seël deur God in die kerk ingestel

2.      Doop  is 'n waarborg vir saligheid en vergifnis van sonde soos verwys hier in Mark 1:4 "Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig" (Jak 5:20)

3.      Doop is geestelike reinheid en dit is ook om maagdelik en rein te wees.

Hierdie maagdelik en reinheid word verwys uit 2Kor 11:2 "Want ek is jaloers oor julle met 'n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as 'n reine maagd aan Christus voor te stel".

Kom ons kyk 'n bietjie na die water wat hierdie reinheid meebring soos in Spr 18:4 "Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid" en ook in Joh 7:38 "Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei". Ja, hierdie woorde, lewende water wat dan die afwassing in my gewete en verstand bewerkstellig word ook verkry uit  Jak 1:21  "Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red". Ons kan nou reeds agterkom dat dit nie gaan oor die natuurlike water en reiniging van die natuurlike mens nie maar die innerlike mens, die geestelike mens. ‘n Duidelike voorbeeld uit die skrifte is ook 1Pet 3:20-21 "20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 21  waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete--deur die opstanding van Jesus Christus"

 Hierdeur wil ek vir jou sê dat almal gaan deur die doop van Johannes!!!!!!! En dit beteken dat dit ons, 'n uitwendige teken vir inwendige was kry, naamlik die simbool of Heilige doop. Maar die doop van Johannes waardeur ons ook almal moet gaan is dan ook deur middel van die woord, wat ook die ware doop is.

Die doel van die doop van Johannes is om die koms van Christus voor te berei en ook om Christus aan wêreld te openbaar. Moet nie nou terug gaan 3000 jaar gelede nie, maar vandag vir jou. Vandag moet hierdie Johannes, die dienskneg van God wat ook optree as die profeet en evangelis, hierdie dinge bewerkstellig sodat jy deur hierdie doop gereinig en gered kan word.

Mark 1:1-3 "vers 1 Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God. Vers 2  Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaakvers 3 die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!

 Kom ons kyk eers wat hierdie woord "Woestyn" beteken, ons slaan na en sien dit beteken; woes / wilde / onbeskaafde / onbewerkte / ombewoon. Maar ook as ons in die engelse Bybel kyk, staan daar iets anders geskrywe maar dit kom tog op die ou end by dieselfde geestelike betekenis uit. "The voice of one crying in the wilderness, Prepare ye the way of the Lord, make his paths straight."

 Wat ons kan vra is wat beteken dit om in die Naam van die drie Eenheid gedoop te word?

 Mat 3:11   "Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur".  Die opklaring van VUUR is reeds beskikbaar en u kan gerus daarna gaan kyk, maar ek gee ook hierby 'n kort verduideliking.

 Ons kan 'n bietjie hieroor dink, want sommige wat so gesteld is oor die natuurlike doop het tog sekerlik nie enige mens al met natuurlike vuur gedoop nie.

 Kom ons kyk wat kry ons uit die skrifte oor hierdie doop met vuur.

 Heb 12: 29 en Deut 4:24 sê "God is 'n verterende vuur". D.w.s. die doop met vuur is om te doop met die Heilge Gees wat ook die Waarheid is en wat ook dan die doop van Christus is. Hoe gebeur hierdie doop met die Heilige Gees? Joh 20:22 "En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees", en dit is een van die voorbeelde wat ons uit die skrifte kry.

 Ons sien egter in die volgende teks dat, die een wat deur God gestuur is, hierdie verteenwoordiger van God wat Christus moet openbaar, die een wat na die Johannes kom en dus die Gees van Christus openbaar, juis met hierdie doopaksie begin en so kan ons dus sien in Jer 5:14  "Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond 'n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer". Ook in Jer 23:29   "Is my woord nie , soos 'n vuur, spreek die HERE, en soos 'n hamer wat 'n rots vermorsel nie?"

 'n Ander voorbeeld is die SOUT waarna verwys word, hierdie opklaring is ook beskikbaar maar terwille van hierdie onderwerp sal ek ook daarvan hier aanhaal.

 Mat 5:13 sê vir ons dat ons die "Sout van die aarde" is, wat sou dit beteken?

 In Kol 4:6 kry ons dit ook dat die "Woorde met sout besprinkel wees". Ons weet dat sout verskaf smaak aan voedsel en terwyl ons besig is met voedsel vir die siel moet daarin ook smaak verskaf word sodat dit aanvaarbaar vir die persoon kan wees vir wie dit gebring kan word.

 Mark 9:50 en 49

50    Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar.

51    Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.

Wat is die sout waarvan gepraat word? Kom ons kyk en lys dit:

  • Ons is die sout v.d. aarde
  • Vuur gesout word
  • Woord is 'n vuur
  • God = Woord = verterende vuur
  • Doop met HG en vuur = doop van Christus.

As bogenoemde dan waar is wat maak ons dan onrein?

 Kom ons kyk wat sê die Bybel in Jak 1:21  wat verwys na - vuilheid, oorvloed van boosheid en Mark 7:15  "Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dít is die dinge wat die mens onrein maak" en vers 20-23 "20  En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. Vers 21  Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, vers 22  diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Vers 23 Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein"

 

(Terug na Bo)