Dien / Dienskneg
1 God word gedien:
Ou Testament
*Genesis 1:15 Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde. En dit was so.
*Eksodus 3:12 En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou 'n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle op hierdie berg God dien.
*Eksodus 4:23 Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou eersgebore seun laat sterwe.
*Eksodus 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
*Eksodus 23:25 En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou
midde verwyder.
*Deuteronomium 6:13 Jy moet die HERE jou God vrees en Hom dien; en by sy Naam moet jy sweer.
*Deuteronomium 10:12 & En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,
*Deuteronomium 10:20 Die HERE jou God moet jy vrees, Hom moet jy dien en Hom moet jy aanhang en by sy Naam sweer.
*Deuteronomium 11:13 As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te
hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel,
*Josua 24:14 Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE.
*Josua 24:22 Daarop sê Josua aan die volk: Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself die HERE gekies het om Hom
te dien. En hulle sê: Ons is getuies.
*1 Samuel 7:3 & Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die
HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom
alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.
*1 Kronieke 26:12 Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die HERE.
*1 Kronieke 28:9 En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met 'n volkome hart en met 'n gewillige
siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom
deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.
Nuwe Testament
*Matteus 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en
die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
*Matteus 10:24 'n Leerling is nie bo die meester nie en 'n dienskneg ook nie bo sy heer nie.
*Matteus 20:27 En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;
*Matteus 20:28 net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.
*Matteus 24:45 Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?
*Matteus 24:48 Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom--
*Matteus 24:50 dan sal die heer van dié dienskneg kom op 'n dag dat hy dit nie verwag nie en op 'n uur dat hy dit nie weet nie;
*Matteus 25:21 En sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
*Matteus 25:23 Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou
aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.
*Markus 10:45 Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as
'n losprys vir baie.
*Lukas 16:13 Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.
*Lukas 22:27 Want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat dien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Maar Ek is
onder julle soos een wat dien.
*Johannes 15:15 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het
julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
*Handelinge 24:14 Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien,
terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,
*Romeine 1:1 & Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God--
*Romeine 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
*Romeine 7:6 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
*Romeine 12:11 wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;
*Romeine 14:18 Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.
*Galasiërs 1:10 & Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n dienskneg van Christus wees nie.
*Galasiërs 4:7 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
*Filippense 2:7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;
*Filippense 3:3 Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees
vertrou nie;
*Hebreërs 12:28 Daarom, omdat ons 'n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik
dien met eerbied en vrees.
*1 Petrus 4:10 Namate elkeen 'n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.
*1 Petrus 4:11 As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat
God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle
ewigheid. Amen.
*Openbaring 1:1 & Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,
*Openbaring 22:3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien.