Die Deur :
Die volgende teks is baie belangrik omdat ons die Bybel gekry het, nie as 'n geskiedenisboek nie maar as 'n boek wat ons
vandag moet gebruik en in ons lewe van toepassing maak, ander dien dit geen doel nie. Hierdie boek is dan ook vir ons 'n
padkaart tot saligheid en die ewige lewe, m.a.w. tot God. So moet ons dan ook die volgende teks mooi lees en verstaan en
die skrifte ooreenkomstig dit lees en toepas.
1Kor 2:13-14
13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en
hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Johannes 10:9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
Johannes 10:1 ¶ Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower.
Johannes 10:7 Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.
Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur
My nie.
Romeine 5:1 ¶ Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;
Romeine 5:2 deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in
die hoop op die heerlikheid van God.
Efesiërs 2:18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.
Hebreërs 10:19 ¶ Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus
Hebreërs 10:20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,
Gaan terug na Inhoudsopgawe deur die gedeelte in blou te kliek.
( Terug na Bo )