Bybelgeskiedenis

(Terug na Inhoud)

NB: Erkenning - Baie van hierdie inligting is uit verskeie ander bronne verkry.

DIE BYBEL

Die naam Bybel beteken, DIE BOEK. Daar is 66 boeke in die Bybel. Die kanonieke boeke wat beteken, bybelboeke beskou as gedrewe onder onmiddellike ingewing van die Heilige Gees. Wat ook genoem word die Heilige Skrif.

Daar is ook ander boeke wat apokriewe boeke genoem word, wat beteken en word beskou as nie eg of ongeloofwaardig, wat nie in die Bybel opgeneem is nie. Boeke soos die derde en vierde boeke van Esra, die boek van Tobías -,Judit, die boek van die Wysheid - Jesus, Sirag, Barug, die byvoegsel van die geskiedenis van Ester, die gebed van die drie manne in die vuur, die geskiedenis van Susanna, van die Bel en van die Draak, die gebed van Manasse en twee boeke van die Makkabeërs. Hierdie boeke word gesien as apokrief omdat hulle, na verneem word, nie so 'n krag en gesag besit deur hul getuienis enige stuk van die geloof of van die Christelike godsdiens bevestig kan word nie. Daar word dus onderskeid tussen die boeke gemaak.

    • Die verdeling van die Bybel.

Dit bestaan uit twee dele:

Die Ou Testament met 39 boeke en

  • Die Nuwe Testament met 27 boeke.

 

1. Die boeke van die Ou Testament.

a. Die vyf boeke van die Wet, of die boeke van Moses, naamlik:

Genesis; Exodus; Levitikus; Numeri; Deuteronomium

b. Die volgende twaalf boeke is die historiese boeke, naamlik:

Josua; Rigters; Rut; die twee boeke van Samuel : 1 Samuel en 2 Samuel; die twee boeke van die Konings - 1 Konings en 2Konings; 1 Kronieke; 2 Kronieke; Esra; Nehemía; Ester.

c. Die volgende is die vyf digterlike boeke, naamlik: Job; Psalms (van Dawid); die boeke van Salomo: - Spreuke van Salomo, Prediker en Hooglied van Salomo.

d. Dan volg die 17 profetiese boeke, naamlik: Jesaja; Jeremia; Klaagliedere van Jeremia; Esegiël; Daniël; Hoséa; Joël; Amos; Obadja; Jona; Miga; Nahum; Habakuk; Sefánja; Haggai; Sagaria; Maleagi.

2. Die boeke van die Nuwe Testament:

a) Die vier evangelies (Evangeliste), wat handel oor die lewe en werke van Jesus Christus, naamlik: Mattheüs; Markus; Lukas; Johannes

2.1 Een historiese boek, wat gaan oor die handelinge van die Apostels en oor die geskiedenis van die Christelike Apostoliese Kerk, naamlik: Handelinge. Dan volg die dertien sendbriewe van Paulus en die boek Hebreërs, naamlik: Romeine; 1Korinthiërs; 2Korinthiërs; Galasiërs; Filippense; Kolossense; 1Thessalonicense; 2Thessalonicense; 1Timotheüs; (Leraar / herder); 2Timotheüs; Titus (Leraar / herder); Filemon; Hebreërs.

2.2 Dan die sewe algemene sendbriewe van die ander apostels, naamlik: Jakobus; 1Petrus; 2Petrus; 1Johannes; 2Johannes; 3Johannes; Judas.

3. Een profetiese boek van Johannes, naamlik: Openbaring.

4. Wat beteken die woord Testament?

Ons spreek van boeke van die Ou Testament en van die Nuwe Testament. In die gewone taal beteken 'n Testament 'n dokument wat sekere dinge aan sekere mense bemaak. Dit beteken egter in hierdie geval 'n verbond wat God vrywillig met die mens maak, waarin God sekere dinge beloof ('n Verlosser aan die wêreld) op voorwaarde dat die mens sekere verpligtinge moet nakom.

Na die sondeval rig God met ons 'n verbond van genade op en Jesus Christus is die Middelaar daarvan. Onder die ou verbond, die Ou Testament, voor Christus, kry ons die belofte (die Verlosser Jesus Christus wat gekom het); onder die nuwe verbond, die Nuwe Testament, die vervulling in Christus.

5. In watter taal is die Bybel geskryf?

Oorspronklik is die Ou Testament in die Hebreeuse taal en die Nuwe Testament in die Griekse taal geskryf.

6. Hoe het die Bybel ontstaan?

God het sekere mense (dissipels / profete) aangespoor, deur die Heilige Gees (profesie / visioene en drome) gedrewe, om die boeke te skrywe. Die Bybel self sê in 2Pet.1:19-21 dat geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie (ook nie vandag se tyd nie), maar deur die Heilige Gees gedrewe, deur die Heilige Gees geïnspireer sodat hulle die boodskap van God neergeskryf het. Dit is soos 'n padkaart en rigting wyser vir ons uitgelê. Laat dit dan ons ernstige strewe dan wees om hierdie Boek te gebruik, te lees en daaruit leer sodat ons tot bekering kan kom en daar te kan bly om sodoende die Evangelie, die Woord te kan verkondig aan die wat dit nie verstaan nie.

7. Christus die Seun van God.

Eerstens wil ek die volgende noem, dat daar aan die verlosser vier name toegedeel is, naamlik Jesus, Christus, Seun en Here.

  • Wat is die betekenis van die naam Seun?

Daar word ook in die skrifte verwys na Sy eniggebore Seun. Beteken dit dat Jesus Christus die ewige en enigste Seun van die Vader is, een in wese met God, die Vader en die Heilige Gees?

In die Ou Testament reeds word die Messias, die Seun van God genoem, byvoorbeeld in Ps.2:7 "Die Here het vir My gesê: U is My Seun, vandag het Ek self U gegenereer", vergelyk ook Jes.9:5.

Die Nuwe Testament verwys waar Gabriël vir Maria sê in Luk.1:35 "Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word". Ook in Mat.8:29 lê die duiwels getuienis af dat Hy die Seun van God is, "wat het ons met U te doen, Jesus Seun van God? Het U hier gekom om ons voor die tyd te pynig?” Sy dissipels val in aanbidding voor Hom neer en sê in Mat.14:33 "Waarlik, U is die Seun van God."

Ook in Mat.16:13 en 16 vra Jesus self "wie sê die mense dat Ek die Seun van die mens is?” Waarop Petrus antwoord "U is die Christus, die Seun van die lewende God. Verder in Mat.26:63-64 Sê Jesus ook self aan die hoëpriester waar die Hom onder eed neem op die vraag: "Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God is?", En Hy antwoord, "U het dit gesê wat beteken Ja, ek is die Christus, die Seun van die lewende God. So is daar heelwat verwysings en dus bestaan daar geen twyfel dat Christus die Seun van God is nie.

Ek wil u ook daarop wys dat Christus nie alleenlik net vanaf Sy geboorte bestaan het nie. Hy het al van alle ewigheid bestaan, saam met God. In die Ou Testament in Gen.1:6 "Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis. Daardie Ons, wys ons, dat God nie na Hom alleen verwys het nie maar ook na Sy Seun. Daar word ook in Gen.9:5 onder die opskrif Voorspelling van die Messiasryk, gesê, "want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word ook genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors. In Miga 5:1 word gesê, "En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat 'n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van ewigheid. Nog 'n Engel van God in Gen.31:13 in 'n droom aan Jakob sê, "Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My 'n gelofte gedoen het". Jesus sê aan die Fariseërs in Joh.8:56-58 dat Hy voor Abraham bestaan het want Hy sê," Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly." Toe sê die Jode vir Hom: "U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?" Jesus sê vir hulle; "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek."

Ons kan nou ook na Joh.1 verwys waar Christus as die Woord uitgebeeld word en sê, "in die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie."

Die Bybel gebruik ook die woord gegenereer in Ps.2:7 "U is My Seun, vandag het Ek self U gegenereer". Dit is aan die Latynse taal ontleen en beteken, teel, deur teling verkry voortbring, verwek, opwek en tot stand bring.

8. Christus is die enigste Seun van God.

Dit is so dat daar na baie persone as die seun van God verwys word maar dit is nie in dieselfde sin van die woord nie. Christus die Seun van God word ook genoem die Beeld van God in Heb.1:3, die geliefde Seun in Mat.3:17, die eie Seun in Rom.8:32, die eniggebore Seun in Joh.1:14 en 3:16. In goddelike wese is daar drie persone, God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees en in Joh.10:30 sê Jesus Christus self "Ek en die Vader is een."

9. God die Seun en Sy name Jesus Christus.

Daar is baie name wat 'n sekere betekenis het en so ook Jesus en Christus.

Die naam of woord Jesus, beteken Saligmaker. Die naam Jesus is afkomstig uit die Hebreeuse taal. Die oorspronklike woord waarvan dit afgelei is beteken bevry, verlos, en red. In ons taal kan dit ook vertaal word met Bevryder, Verlosser en Redder.

Die woord Saligmaker, beteken iemand wat volkome gelukkig maak.

Die naamgewer wat die naam Jesus gegee het, was God die Vader self. Lees Mat.1:21 en Luk.1:31.

10. Die Ampsnaam (gawe) Christus.

Die ampsnaam / gawe, wat aan Jesus gegee is, dui Sy amp of werk aan. In dieselfde opsig word Hy ook genoem, die tweede Adam, Immanuel, Goeie Herder, Alfa en die Omega, die Lam van God, die Leeu uit die stam van Juda, die Kerk en die Bruid.

Die oorsprong van die ampsnaam, Christus, is nie soos die Griekse naam Jesus van Hebreeuse oorsprong nie, maar kom van 'n Griekse woord, wat Gesalfde beteken. Die Hebreeuse woord vir hierdie naam is, Messias. Dus, die naam Jesus word verbind aan die Jode en die naam Christus aan die heidene.
Hy is nie net vir die Jode of Israel nie maar ook vir die heidene, die wêreld, vir alle nasies.

In die Ou Testament was die koms van die Verlosser belowe onder die naam Messias, wat vertaal word met die Griekse woord, Christus. By Sy geboorte het Hy egter die naam Jesus op die bevel van God gekry.

Die eerste maal dat Hy Christus na Sy geboorte genoem word, is in die boodskap van die engele aan die herders, Luk.2:8-20. Daarna word Hy herhaaldelik in die Evangelies as Messias of Christus genoem.

Uit alles is dit duidelik dat die Christus van die Nuwe Testament die beloofte Messias van die Ou Testament is.

Verder is daar ook na Hom as 'n Profeet (Deut.18:15), 'n Priester (Ps.110:4 en Gen.14:18-20) en 'n Koning (Jer.23:5 en Luk.1:32-33) verwys.

11. Wat beteken dit om 'n Christen genoem te word of te wees?

Die verlostes in Christus Jesus geniet die besonderse eer om Christene genoem te word. Die bekeerdes en wedergeborenes. Die naam Christen kom drie maal in die Nuwe Testament voor, naamlik in Hand.11:26 en die dissipels is vir die eerste maal in Antiochië, Christene genoem. Ook in Hand.26:28 en 1Pet.4:16. In die begin was die naam deur die vyande as 'n spotnaam gebruik soos die spotnaam van sektes ook gebruik word, maar hierdie naam het geword 'n naam van eer.

Dit was eers na ongeveer 45 jaar na Sy geboorte dat Sy volgelinge as Christene verwys is.

Vroeër is die gelowiges, heiliges, broeders, dissipels genoem. Ek dink dat vandag word hierdie benoemings ook gedoen en so aanvaar. Die verlostes sou niks anders genoem word nie maar as Christene wat beteken medegesalfdes geken word. Dit beteken dus dat ek nou 'n lid in die liggaam van Christus, die kerk, is. In 1Kor.12:12-31 lees ons dat Christus die Hoof is, die verlostes Sy lede. Ons het ook dus deel aan Sy salwing en ook werksaam sal wees as 'n profeet, priester, herder, evangelis ens.

12. Sinnebeelde van die Heilige Gees.

Die Bybel stel die Heilige Gees voor deur sinnebeelde (Gedagtes of denkbeeldig).

Die Olie - Die salwingsolie in die Ou Testament waarmee amptes gesalf is, was 'n voorstelling of sinnebeeld van die inbesitname van die persoon, wat gesalf is, deur die Gees. Bv. 1Sam.10:6 toe Samuel die salf-olie op Saul se hoof gegiet het, hy vir hom gesê het, "en die Gees van die Here sal oor jou vaardig word". Ook 1Sam.16:13.

Die water - Water is lewend. Dit is die evangelie en vrugbaarmakend. Dit is rein en maak rein. Dit is oorvloedig. In Eseg.36:26-26 word gesê - "skoon water op julle sprinkel en 'n nuwe Gees in die harte gee". Ook Joh.3:5.

Vuur - Vuur is om warm te wees, aktief te wees, angstig om iets te doen, te louter, te suiwer en te verteer. 1Thess.5:1 sê Paulus "blus die Gees nie uit nie. Net soos vuur dus, verwarm, reinig en louter Hy.

Wind - Wind is geheimsinnig, kragtig en ook suiwerend. In Sy gesprek met Nikodémus (Joh.3) vergelyk Jesus die werking van die Gees met die wind wat waai en waarvan ons die geluid hoor sonder om te weet vanwaar dit kom en waarheen dit gaan. Die wind bring beweging en suiwer die lug van ongesonde bestandele.

Die duif - As 'n duif het Hy neergekom op die hoof van die Here toe Johannes Hom gedoop het in Matt.3:16. Hier is die Heilige Gees soos 'n duif die sinnebeeld van reinheid en sagsinnigheid.

Die vroue van Abraham - Sara en Hagar: Stel voorbeelde voor van die twee verbonde in Gal 4:20-31.

Kinders van die Here: Geestelike voorstelling, Simbool in Jes 8:18.

13. Die Kerk.

Die Kerk - Nie los-van-mekaar-staande persone nie. Van die begin af het die Here vir Hom 'n kerk van gelowiges vergader, nie van enkele persone nie. Nee, hy het sy kerk gevorm in huisgesinne soos die van Adam, Noag, Abraham en deur hulle in families en stamme, soos die van die kinders van Jakob en in 'n volk, soos die kinders van Israel.

By die vorming van die Christelike kerk het Christus dissipels verwek en daaruit het Hy twaalf Apostels verkies wat nie los van mekaar gestaan het en geleef het nie. So het dit ook gebeur by die stigting van die Christelike gemeentes. Gelowiges saam en huisgesinne het met mekaar gemeentes gevorm. Uit hierdie gemeentes het die Kerk uitgebrei.

Die Kerk - 'n vergadering van gelowiges in Christus Jesus wat deur die kragtige geestelike bande saamgebind is. Wat die liggaam van Christus vorm. Die geskiedenis leer dat daar nie noemenswaardige vooruitgang en blywende geestelike vrug is in die arbeid van bewegings buitekant die Kerk nie. Dit is nie die manier waarop God verkies om te werk nie, Hy werk deur middel van Sy Kerk, daarom kan die kerk ook genoem word, Moeder van die gelowiges.

Die Kerk - die Christelike kerk is genoem na Sy stigter, Christus. Die kerk in die Ou Testamentiese tye was 'n nasionale kerk, beperk tot een volk, die Joodse volk. Die karakter van die Christelike kerk is dat dit bestem is vir almal.

Die Kerk - die name gemeente en kerk word in die Ou Testament deur 'n Hebreeuse woord, verwys wat in die Afrikaanse Bybel gebruik word met gemeente vertaal (Deut.30:31(A) en Joël 2:16(B)). Maar Christus self was die eerste om die woord gemeente op diegene wat in Hom glo, in die Nuwe Testament toe te pas, verwys Mat.16:18(C) en 18:17 (D).

Die woord gemeente is 'n vertaling van die Griekse woord ekklesia wat oral in die Afrikaanse Bybel met gemeente vertaal word. Maar dit kan ewe goed met die woord kerk vertaal word.

Die woord ekklesia (gemeente, kerk) het in die Nuwe Testament verskillende betekenisse, soms word dit gebruik vir die gelowiges waar hulle in hul samekomste bymekaar is verwys Hand.5:11(E), soms om die plaaslike gemeente self aan te dui, al is daar geen samekoms nie, verwys na 1Kor.16:1(F).

Deut 31:30 Toe het Moses voor die ore van die hele vergadering van Israel die woorde van hierdie lied tot die einde toe uitgespreek.

Joël 2:16 Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.

Mat 16:18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

  • In Grieks is "Petros" en "Petra" = ROTS . Met 'n woordspel tussen die twee woorde verbind Jesus, Petrus se belydenis aan Sy Bynaam: "op hierdie Rots" d.i. die Petrusbelydenis dat Ek die Christus is (verwys terug na vers 16 -En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Die Nederlandse Bybel verwys " deze petra"
  • Rots = Beeld van onwrikbaarheid, vastigheid.
  • Christus die ROTS: Ek 33:21
    • Num 24:21 - nes gebou
    • Deut 32:4 - die ROTS - volkome in Sy werk
    • 2Sam 22:2-3; Ps 18:2, 31-32; 19:4; 28:1; 31:2-3
    • Ps 40:2- voete op rots gestel
    • Ps 62:2; 71:3 - 'n rots om IN te woon
    • Jes 22:16- In die rots 'n woning uithol
    • Jes 26:4 Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots.
    • Jes 51:4- aanskou die ROTS
    • Dan 2:35- rots aarde vul
    • Mat 7:24-25-huis en fondament op rots gebou (Mat 16:18)
    • Mat 27:60- graf in rots uitgekap (Mark 15:46)
    • Luk 8:13 - saad op rots geval (Hardkoppigheid; verharding van hart)
    • Rom 9:3- rots van struikeling
    • 1Kor 10:4- geestelike drank uit geestelike rots en rots is Christus

 

Mat 18:17 En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.



Hand 5: 11 En 'n groot vrees het oor die hele gemeente gekom en oor almal wat dit gehoor het.
En deur die hande van die apostels het daar baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind; en hulle was almal eendragtig saam in die pilaargang van Salomo.

1Kor 16:1 Wat die insameling vir die heiliges betref, moet julle ook so doen soos ek vir die gemeentes van Galásië gereël het.

Ander verwysings na die Kerk:

Rom 12:4-5 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

1Kor 16:15 En ek versoek julle, broeders--julle weet dat die huisgesin van Stéfanas die eersteling van Acháje is en dat hulle hul tot diens van die heiliges gestel het--

1Kor 12:12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.

1Kor 12:27 Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.

Kol 1:24 Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;

 

Verwys ook na die Hoofstukke soos volg:



  • Gemeente
  • Liggaam
  • Tempel / Woon / Woning


(Terug na Begin)

(Terug na Inhoud)