Jesaja 61:10 Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel--soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.
Openbaring 19:7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.
Openbaring 19:9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.
Openbaring 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.
Op 21:9 ¶ En een van die sewe engele wat die sewe skale gehad het, vol van die sewe laaste plae, het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.
10 En hy het my in die gees weggevoer op 'n groot en hoë berg en my die groot stad getoon, die heilige Jerusalem, wat uit die hemel van God neerdaal;
11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos 'n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.
Vrou - Spr 9:1 ¶ Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap, (kragte = Stut = ondersteun 7 pilare = 7 Geeste v. God Op 4:5 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand; ook Op 5:6 en Op 1:11 sewe gemeentes en vers 20 die verborgenheid van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en die sewe goue kandelaars: die sewe sterre is die engele van die sewe gemeentes, en die sewe kandelaars wat jy gesien het, is die sewe gemeentes.
· Uit Logos: Uit geestelike oogpunt is die bruid 'n sinnebeeld v.d. band tussen Christus en die gemeente, Ef. 5:22 e.v.; dan 2 Kor. 11:2; Opb. 19:7; 21:2, 9; 22:17. (1)
Op 21:2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos 'n bruid (Siele bruid = kerk) wat vir haar man versier is. Jer 4:31 - dogter v. Sion
1. 1Gispen, W.H; Oosterhoff, B.J.; Ridderbos, H.N., eds., Bybelse Ensiklopedie, (Kaapstad: Verenigde Protestantse Uitgewers) 1977.