Beproef / Beproewing / Versoekings
(Terug na Inhoud)
1 Die mens is van vroeg af deur God beproef. Exodus 16:4; Exod.20:20; Deut.8:2; en 16; Deut.13:3; Deut.33:8; Job-Die
hele boek; 2Kor.10:18; 1Thess.2:4; 1Pet.1:6; 1Pet.4:12
2 Toets my Here en beproef my, keur my niere en my hart. Ps.26:2;
3 Bid dat julle nie in versoeking kom nie. Luk.22:40
4 sodat julle kan beproef wat die wil van God is. Rom.12:12
5 Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra. 1Kor.10:13
6 Die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. 1Kor.11:28
7 onder baie beproewing deur verdrukking. 2Kor.8:2
8 Julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as >n engel van God, ja, as Christus Jesus. Gal.4:14
9 Beproef alle dinge: behou die goeie. 1Thess.5:21; 1Kor.14:21; en 1Joh.4:1
10 God skenk aan die godsaliges verlossing uit die versoeking. Heb.2:18; 2Pet.2:9
11 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang. Jak.1:12;
12 Laat niemand, wat in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie, want God kan deur kwaad nie versoek nie, en self versoek Hy niemand nie. Jak.1:13
13 Omdat jy die woord van My lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing; Open.3:10
Ou Testament
Eksodus 15:25 En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom 'n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en
die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle 'n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef
Eksodus 16:4 Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.
Eksodus 20:20 Toe antwoord Moses die volk: Wees nie bevrees nie, want God het gekom om julle te beproef en dat sy
vrees voor julle oë mag wees, sodat julle nie sondig nie.
Deuteronomium 8:2 En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.
Deuteronomium 8:16 wat jou in die woestyn manna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om uiteindelik aan jou goed te doen--
Deuteronomium 13:3 dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.
Deuteronomium 33:8 ¶ En van Levi het hy gesê: U Tummim en u Urim is vir die man, u gunsgenoot, u wat deur U beproef is
in Massa, met wie U getwis het by die waters van Mériba;
1 Samuel 2:3 Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die HERE is 'n
God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.
Psalms 26:2 Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;
Psalms 46:1 ¶ Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied. (46:2) God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
Psalms 95:9 waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.
Psalms 105:19 tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van die HERE hom beproef verklaar het.
Prediker 3:18 Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan
insien dat hulle in hulleself vee is.
Jesaja 48:10 Kyk, Ek het jou gelouter, maar nie soos silwer nie; Ek het jou beproef in die smeltkroes van ellende.
Maleagi 3:10 Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin,
sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige
seën sal uitstort nie.
Nuwe Testament
Romeine 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed,
sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
1 Korintiërs 11:28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.
2 Korintiërs 8:2 dat onder baie beproewing deur verdrukking hulle oorvloedige blydskap by hulle diepe armoede oorvloedig was in hulle ryke milddadigheid.
2 Korintiërs 8:22 En ons het met hulle saamgestuur ons broeder wat ons dikwels in baie dinge beproef gevind het, dat hy ywerig is en nou baie yweriger deur sy groot vertroue in julle.
2 Korintiërs 10:18 Want nie hy wat homself aanbeveel, dié is beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word.
2 Korintiërs 13:7 ¶ Ek bid God dat julle geen kwaad mag doen nie--nie dat ons beproef mag blyk nie, maar dat julle kan doen
wat goed is, en ons as verwerplikes kan wees.
Efesiërs 5:10 En beproef wat die Here welbehaaglik is;
1 Tessalonisense 2:4 maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.
1 Tessalonisense 5:21 Beproef alle dinge; behou die goeie.
2 Timoteus 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die
woord van die waarheid reg sny.
Hebreërs 3:9 waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.
Galasiërs 4:14 en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as 'n engel van
God, ja, as Christus Jesus.
Jakobus 1:3 omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
Handelinge 20:19 en die Here gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom het deur die
komplotte van die Jode;
1 Petrus 1:6 ¶ Daarin verheug julle jul, al word julle nou--as dit nodig is--'n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,
1 Petrus 4:12 ¶ Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof
iets vreemds oor julle kom nie;
Openbaring 3:10 Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat
oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
Ou Testament
Deuteronomium 4:34 Of het 'n god probeer om vir hom 'n nasie uit 'n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur
tekens en wonders en deur oorlog en deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die
HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het?
Deuteronomium 7:19 die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die sterke hand en die
uitgestrekte arm waardeur die HERE jou God jou uitgelei het; so sal die HERE jou God aan al die volke doen vir wie jy
bevrees is.
Nuwe Testament
Matteus 6:13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag
en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Matteus 26:41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
Lukas 4:13 En toe die duiwel elke versoeking geëindig het, het hy 'n tyd lank van Hom gewyk.
Lukas 8:13 En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir 'n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.
Lukas 11:4 en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
Lukas 22:28 En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge.
Lukas 22:40 En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie.
Lukas 22:46 En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.
1 Korintiërs 7:5 Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir 'n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.
1 Korintiërs 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat
julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
1 Timoteus 6:9 Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die
mense laat wegsink in verderf en ondergang.
Hebreërs 2:18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
Hebreërs 3:8 verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,
Jakobus 1:2 ¶ Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
Jakobus 1:12 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
Jakobus 1:13 ¶ Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad
nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
2 Petrus 2:9 die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van
oordeel om gestraf te word;
(Terug na Bo)