Arbeid / Dade / Werk / Werke

(Terug na Inhoud)

1. Die werke van God. Ps 64:10; 77:13; 86:8; Spr 8:22; Pred 3:11; Luk 24:19; Joh 4:34; 6:28-29; Rom 14:20; Ef 2:10; Heb 1:10; 2:7; Op 15:3.

2. Die loon van arbeid, werk en daad. Rut 2:12; 2Kron 15:7; Spr 14:23; Mat 20:8; Luk 6:35; Rom 4:4; 1Kor 3:8 & 14; 15:58; 1Tim 5:18; Heb 6:10; Jak 5:4; Op 11:18.

3. Die oordeel sal wees volgens arbeid, werk en daad. Eseg 36:19; Mat 16:27; 25:31-46; 1Pet 1:17; Op 20:13.

Ou Testament

*Eksodus 23:16 verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai; en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel.

*Levitikus 18:3 Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie.

*1 Samuel 2:3 Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die HERE is 'n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.

*Psalms 28:4 Gee hulle na hul dade en na die boosheid van hul handelinge; gee hulle na die werk van hul hande; vergeld hulle na hulle dade.

*Psalms 33:15 Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.

*Psalms 60:12 (60:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.

*Psalms 74:12 & Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.

*Psalms 102:25 (102:26) In die voortyd het U die aarde gegrondves, en die hemele is die werk van u hande.

*Psalms 106:39 En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade.

*Psalms 108:13 (108:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.

*Jesaja 29:15 Wee hulle wat planne diep verberg vir die HERE, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?

*Jesaja 31:2 Nogtans is Hy ook wys, en Hy laat die onheil kom en trek sy woorde nie terug nie: Hy sal opstaan teen die huis van die kwaaddoeners en teen die helpers van die wat ongeregtigheid werk.

*Jesaja 66:18 Maar Ek ken hulle werke en hulle gedagtes; die tyd kom dat Ek al die nasies en tonge versamel; en hulle sal kom en my heerlikheid sien.

*Jona 3:10 En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.

*Sagaria 1:4 Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die HERE van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die HERE.

*Jeremia 25:14 Want hulle sal ook diensbaar gemaak word deur magtige nasies en groot konings, en Ek sal hulle vergelde ooreenkomstig hul dade en die werk van hul hande.

*Jeremia 48:10 Vervloek is hy wat nalatig is om die werk van die HERE te doen; ja, vervloek is hy wat sy swaard van bloed terughou!

*Hosea 7:2 En hulle sê nie in hulle hart dat Ek aan al hulle boosheid dink nie; nou omsingel hulle dade hulle, dit lê oop voor my aangesig.

*Spreuke 14:23 & In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.

*Prediker 3:13 En ook--dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van God.

*Prediker 9:7 Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met 'n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke.

Nuwe Testament

*Matteus 5:16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

*Matteus 7:23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

*Matteus 11:2 En Johannes het in die gevangenis gehoor van die werke van Christus, en twee van sy dissipels gestuur

*Matteus 11:20 Toe het Hy die stede waarin die meeste van sy kragtige dade plaasgevind het, begin verwyt, omdat hulle hul nie bekeer het nie:

*Matteus 13:58 En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie.

*Matteus 16:27 Want die Seun van die mens staan gereed om met sy engele in die heerlikheid van sy Vader te kom, en dan sal Hy elkeen vergeld volgens sy dade.

*Matteus 25:16 En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin.

*Matteus 26:10 Maar toe Jesus dit merk, sê Hy vir hulle: Waarom val julle die vrou lastig? Want sy het 'n goeie werk aan My gedoen.

*Lukas 23:41 ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.

*Johannes 3:19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.

*Johannes 3:20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.

*Johannes 3:21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.

*Johannes 6:27 Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.

*Johannes 6:28 & Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?

*Johannes 6:29 Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.

*Johannes 7:7 Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is.

*Johannes 8:39 Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen;

*Johannes 8:41 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik God.

*Johannes 9:4 Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.

*Johannes 14:11 Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self.

*Johannes 14:12 & Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo--die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

*1 Petrus 4:19 So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.

*Handelinge 26:20 maar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en in die hele land van Judéa en aan die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas.

*Romeine 2:6 wat elkeen sal vergeld na sy werke:

*Romeine 2:7 aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;

*Romeine 4:4 Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;

*Romeine 4:5 aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.

*Romeine 8:13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.

*Romeine 13:12 Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord.

*1 Korintiërs 3:8 Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.

*1 Korintiërs 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

*1 Korintiërs 3:14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;

*1 Korintiërs 3:15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

*1 Korintiërs 9:13 Weet julle nie dat die wat met die heilige dinge werk, uit die heiligdom eet nie; en dat die wat by die altaar besig is, met die altaar deel nie?

*1 Korintiërs 12:6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.

*1 Korintiërs 12:11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil

*1 Korintiërs 15:58 & Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.

*1 Korintiërs 16:10 & En as Timótheüs kom, sorg dat hy sonder vrees by julle is, want hy doen die werk van die Here net soos ek.

*Kolossense 1:10 sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,

*Kolossense 3:9 Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het

*1 Tessalonisense 1:3 en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader,

*1 Tessalonisense 3:5 Daarom, toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek ook gestuur om julle geloof te wete te kom, of die versoeker julle nie miskien versoek het en ons arbeid tevergeefs sou wees nie.

*2 Tessalonisense 2:17 julle harte vertroos en julle versterk in alle goeie woorde en werke!

*1 Timoteus 3:1 & Dit is 'n betroubare woord: as iemand na 'n opsienersamp verlang, begeer hy 'n voortreflike werk.

*1 Timoteus 5:10 en getuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het, gasvry gewees het, die voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het.

*1 Timoteus 6:18 dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,

*2 Timoteus 4:5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van 'n evangelis; vervul jou bediening.

*2 Timoteus 4:18 En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

*Titus 2:7 Betoon jou in alles 'n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.

*Titus 3:1 & Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk;

*Hebreërs 1:10 en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.

*Hebreërs 4:10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.

*Hebreërs 6:1 & Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,

*Hebreërs 6:10 Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.

*Hebreërs 10:24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;

*Hebreërs 13:21 julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.

*Jakobus 1:25 Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.

*Jakobus 2:14 & Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?

*Jakobus 2:17 Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.

*Jakobus 2:18 Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon.

*Jakobus 2:21 Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie?

*Jakobus 2:22 Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?

*Jakobus 2:24 Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?

*Jakobus 2:26 Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.

*Jakobus 3:13 & Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.

*1 Petrus 1:17 En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap;

*1 Petrus 2:12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

*1 Johannes 3:12 nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig.

*2 Johannes 1:8 Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar 'n volle loon ontvang.

*Openbaring 2:2 Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;

*Openbaring 2:5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.

*Openbaring 2:26 En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,

*Openbaring 3:1 & En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Dít sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood.

*Openbaring 3:2 Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie.

*Openbaring 3:8 Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.

*Openbaring 3:15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!

*Openbaring 14:13 & En ek het 'n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.

*Openbaring 19:8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.

*Openbaring 20:12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.

*Openbaring 20:13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.

*Openbaring 22:12 En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.


(Terug na Bo)

(Terug na Inhoud)