Would you like to make this site your homepage? It's fast and easy...
Yes, Please make this my home page!
Apostel
(Terug na Inhoud)
- Christus Jesus is die Apostel (dus eerste Apostel) en Hoëpriester van ons belydenis. Heb 3:1.
- Die Apostels is deur die Heilige Gees geroep. Hand 13:2-4
- Hulle het die Heilige Gees ontvang. Joh 20;22; Hand 1:8; 2:1-4; 4:31; 1Kor 7:40; 12:7-11; 1Thess 4:8; 2Tim 1:14; Jak
4:5; 1Joh 3:24.
- Hulle is deur die Heilige Gees gelei. Joh 14:26; 15:26; 16:13.
- Hulle het die gawe van wysheid ontvang. Mat 10:19-20; Mark 13:11; Luk 12:11-12; 21:15; Hand 6:10; 1Kor 2:12-13;
12:8.
- Hulle het die mag gekry om sondes te vergewe. Mat 6:14-15; 18:35; Mark 11:25; Luk 17:3-4; Joh 20:23; 2Kor 2:10;
5:18-20; Jak 5:15.
- Hulle het die mag gekry om te bind. Mat 16:19; 18:18; Joh 20:23; 1Tim 1:20.
- Hulle is gestuur as gesante van Christus. 2Kor 5:20; Ef 6:20.
- Hulle is gestuur net soos Christus gestuur was. Mat 10:40; Joh 17:18 & 20; 20:21-22; 2Kor 5:18-20; Gal 4:14; 1Thess
2:13.
- Hulle bedien die heilige Gees aan die gelowiges deur die handoplegging. Hand 8:15-19; 19:6.
- Hulle het gawes aan die gelowiges gegee deur die handoplegging. Hand 6:6; 13:1-3; 1Tim 4:14; 5:22; 2Tim 1:6; Heb 6:2.
- Aan hulle was die verborgenhede van God geopenbaar. Mat 11:25; 13:11; Mark 4:11; 1Kor 2:7; 2:8; 4:1; 1Kor 15:51; Ef
1:9; 3:3-9; 5:32; 6:19; Kol 1:26-27; 2:2.
- Die leer van die Apostels. Hand 2:42; 5:28; 17:19; Rom 6:17; 16:17; 1Tim 1:10; 4:6 & 16; 5:17; 6:1; 2Tim 3:10; 4:3;
Titus 1:9; 2:1 & 7; Heb 6:2; 2Joh vers 10.
- Hulle is gestuur om die evangelie te verkondig. Mat 10:1-7; Hand 14:7; Rom 1:15; 1Kor 1:17; Gal 2:7.
Nuwe Testament
*1 Korintiërs 9:2 As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in
die Here.
*1 Korintiërs 15:9 Want ek is die geringste van die apostels, wat nie werd is om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek
die gemeente van God vervolg het.
*Galasiërs 1:1 Paulus, 'n apostel nie vanweë mense of deur 'n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat
Hom uit die dode opgewek het,
*1 Timoteus 2:7 waartoe ek aangestel is as 'n prediker en apostel--ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie--'n leraar van
die heidene in geloof en waarheid.
*Hebreërs 3:1 Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van
ons belydenis, Christus Jesus,
(Terug na Bo )
(Terug na Inhoud)