Aanneem / Aanneming

(Terug na Inhoud)

Nuwe Testament

*Matteus 11:14 En as julle dit wil aanneem: hy is Elía wat sou kom.

*Matteus 13:20 En by wie op rotsagtige plekke gesaai is--dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem;

*Markus 4:16 Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word--wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem,

*Markus 4:20 En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is--hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig-- en een sestig-- en een honderdvoudig.

*Romeine 2:11 Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.

*Romeine 8:15 Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!

*Romeine 8:23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

*Galasiërs 4:5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.

*Efesiërs 6:9 En, here, doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nie.

*Kolossense 3:25 Maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang; en daar is geen aanneming van die persoon nie.

(Terug na Bo)