Aanbid

(Terug na Inhoudsopgawe)

Ou Testament

*1 Kronieke 16:29 Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die HERE in heilige gewaad.

*Psalms 29:2 Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in heilige sieraad!

*Psalms 66:4 Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.

*Psalms 96:9 Aanbid die HERE in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde!

Nuwe Testament

*Johannes 4:22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.

*Johannes 4:23 Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

*Johannes 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

*Openbaring 14:9 En 'n derde engel het hulle gevolg en met 'n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en 'n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,

*Openbaring 14:11 En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang.

*Openbaring 16:2 Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.

*Openbaring 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

(Terug na Bo)

(Terug na Inhoudsopgawe)